Radio Scriptura

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 198:30:00
  • More information

Informações:

Synopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodes

  • Wat sê die vers? Eksodus 21:23-25

    07/03/2023 Duration: 26min

    Waaroor gaan "'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tant" regtig? Gee dit ons  vrypas vir persoonlike vendettas, of is die vers vir die regeerders, om sodoende toepaslike straf toe te pas? Het ek die reg om die reg in eie hande te neem, en myself te laat geld?  En hoe moet christene misdaad benader, en moet ons dit aanmeld?  Kan ons wraak neem as ons te na gekom word, of moet ons die wraak aan God oorlaat?  Vervul die kerk haar profetiese taak teenoor die regering?  Laat ons vir alle mense bid, en veral vir die regeerders, om reg en geregtigheid van God te smeek. 

  • Perspektief: Februarie 2023

    28/02/2023 Duration: 52min

    In hierdie perspektief episode gesels Scriptura oor die Asbury herlewing, die kerk van Engeland wat gender neutrale terme vir God oorweeg, en die sataniese vertoning by die Grammy toekennings. 

  • Wat sê die vers? 1 Korinthiërs 10:13

    21/02/2023 Duration: 33min

    Ons kry 'n troos en 'n waarskuwing in 1 Korinthiërs 10:13:  gelowiges word daagliks versoek en beproef, maar God is getrou.  Onthou wie jou Vader is.  Onthou jou wedergeboorte en weet verseker dat jy in die genadige heiligmaking van God lewe.  Laat jou deur die Heilige Gees lei, en neem die stryd op.  Beoefen die geregtigheid, hardloop weg van die versoeking af en vind jou vreugde in die Here.

  • Luisteraarsvraag: Hoekom gebeur slegte dinge met mense?

    14/02/2023 Duration: 34min

    Hoekom gebeur slegte dinge met mense?  Waar kom sonde en dood vandaan?  Die mens het teen God gesondig in die tuin van Eden en dit oor homself gebring.  Daarom ly die hele skepping saam met die mens onder die sondevloek.  Ons kry egter meer genade as wat ons verdien.  Die vraag is dus eintlik:   hoekom doen God nog goed?   Hoekom het Hy Jesus gestuur?   Slegte dinge het verskeie redes:   oordeel, dissipline, en om God se goeie wil uit te werk.   As gelowiges kyk ons anders na pyn, leiding, swaarkry en dood, want slegte dinge gebeur in hierdie wêreld, maar hierdie wêreld is nie die einde nie.  Slegte dinge rus gelowiges ook toe vir dieper bediening, groei in geloof  en verhouding met God.  Vir die gelowige is daar geen veroordeling meer nie, en ons deel reeds in God se seën, want die beste is nog op pad.  Ons het 'n hoop gesetel in Christus,  wie ons gered het vir 'n ewigheid in Sy teenwoordigheid. 

  • Wat sê die Vers? Johannes 14:13-14

    07/02/2023 Duration: 32min

    "En wat julle in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik mag word.  As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”   Gaan ons werklik ook wonderwerke doen soos wat Jesus op aarde gedoen het, of dui hierdie teks op die wil van God vir Sy kinders?   Wie se wil sal God uitvoer:   Syne of myne?   Misbruik ons die naam van die Here om ons wil te kry?  Hebreërs 4:  "Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word."

  • Perspektief: Januarie 2023 Sinode

    31/01/2023 Duration: 32min

    Die Algemene Sinode van die GKSA is 'n bybelse instelling wat Paulus reeds in Handelinge 15 begin het.  Wat is 'n gereformeerde sinode, en hoekom is dit nodig dat afgevaardigdes vergader?  Wat is die binnewerke van hierdie kerklike vergaderings? Hoekom moet kerke van dieselfde denominasie bymekaar kom om te vergader oor kerklike sake? Verskillende denominasies het verskillende soorte kerkbestuurstelsels.  Hoekom is ons oortuig dat ons kerkbestuurstelsel reg en belangrik is, en watter gesag  het die sinode?

  • Wat sê die vers? 2 Kronieke 7:14

    24/01/2023 Duration: 35min

    Wat sê 2 Kronieke 7: 14 werklik?  "… en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en my teenwoordigheid opsoek en terugdraai van hulle verkeerde paaie, sal Ek self uit die hemel hulle hoor.  Ek sal hulle sonde vergewe en hulle land genees."  Watter volk is ter sprake?  Wat is die konteks, spesifieke periode en die verbondsgeskiedenis van die volk Israel se tyd?  Wat was die oproep tot die volk en waar moes dit sentreer?  Wat was die ou verbondsbelofte van God aan sy volk?  Is hierdie vers vir ons in die kerk geskryf?  Kan ons hierdie belofte vir onsself vat in die nuwe bedeling tydens rampe en krisisse?  

  • Gebed: Die Amen op ons gebede

    16/01/2023 Duration: 19min

    Wat beteken die woord Amen?  Wat is die doel daarvan in ons gebede en waar kom dit vandaan? Kan ek Amen sê as ek nie vashou aan Christus nie?  Hang die verhoring van ons gebede van ons gevoel of geloof af, of liewer van God?  Is Amen 'n magiese woord wat ons gebede beantwoord soos ons dit wil, of rig dit ons na die waarheid wat bo ons menslike gevoel, wil en geloof uitstyg?   Waarin lê  ons sekerheid en die krag van ons gebede dan eintlik?  Wie is die waarmaker van die bybelse beloftes, en wie is die een wat vir ons intree by God?

  • Gebed: Die Afsluiting

    10/01/2023 Duration: 35min

    Hoe sluit ons die Onse Vader gebed af?   "Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid."   Aan God behoort die koninkryk.   Aan God behoort die krag.   Aan God behoort al die heerlikheid.  Ons bid dit alles van God, omdat Hy as Skepper en Koning, mag oor alles het, en omdat Hy aan ons alle goeie dinge wil en kan gee.  Daarom sal ons Sy heilige naam vir ewig prys, en Hom alle eer gee.  Alle heerlikheid kom Hom toe. 

  • Gebed: Lei ons nie in die versoeking nie

    06/12/2022 Duration: 31min

    Gelowiges is daagliks in 'n geestelike stryd gewikkel teen bose magte in die lug, teen die wêreld en teen die vlees.  Hoe kan ons staande bly?  In die 6de bede, "Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose", is eerstens 'n erkenning van wie ons is voor God, en tweedens 'n pleidooi dat ons swak en hulpeloos is sonder die Heilige Gees se krag.   

  • Perspektief: November 2022

    29/11/2022 Duration: 36min

    In Perspektief vandag is drie onderwerpe op die tafel, naamlik:  die onderwysdepartement wil 'n "veilige" ruimte skep vir die LGBTQ+ leerders in publieke skole, diversiteitsopleiding by Hoerskool Vishoek het sterk teenkanting gekry as gevolg van rassisme en godslastering, en buitelandse pastore en predikante gaan nie meer werkspermitte verkry om in Suid-Afrika te werk nie.

  • Gebed: Vergeef ons ons skulde

    15/11/2022 Duration: 33min

    Wat is vergifnis? Hoekom het ons God se vergifnis daagliks nodig? Is christene dan nie reeds vergewe vir hul oortredinge nie?  Sonde kan slegs vergewe word by God as daar boetedoening is, en dit is presies waarom ons volkome vergifnis kan kry deur die kruisdood van Christus.  Ons sonde is vir goed weggeneem.  Christus het die volle prys vir ons sondes betaal met Sy eie lewe, en dus moet ons vanuit daardie genade ook ander, wie teen ons sondig, vergewe. Maar die Skrif leer vir ons die beginsel van daaglikse sondebeleidenis, en dit is 'n pad van heiligmaking. 

  • Perspektief Oktober 2022

    01/11/2022 Duration: 40min

    Die drie sake wat vandag bespreek word, lig die eiewillige godsdiens en die immorele lewenstyl van ons tyd skerp uit.  Dit is Bethel musiekgroep, Zandre Strydom en die christ in me kultus, en die LGBTQ beweging.   Hul slinksheid en boosheid word ontbloot in hul selfverafgoding, asook die verwerping en verdraaiing van die Bybel.  Dit is ernstige klagtes en mense moet bewus wees van die misleidende invloed wat die teologie van hierdie groepe op die samelewing en op ons kinders het om gevolglik die valse godsdiens waarmee hulle ons probeer vang, te verwerp. 

  • Gebed: Gee ons vandag ons daaglikse brood

    25/10/2022 Duration: 31min

    In die vierde bede van die Onse Vader vra ons God om te voorsien in ons daaglikse brood, en erken daarmee dat God die soewereine gewer en die versorger van alles is.  God is immers die enigste bron van alles wat goed is.  Sonder God kan niks lewe nie.  Ons word hierin opgeroep om op Hom te vertrou vir alle gawes, en Hy ag Sy kinders veel belangriker as die res van Sy skepping. Ons is verlos van ons aardse bestaan tot ‘n lewe in afhanklikheid van ons Vader.

  • Luisteraarsvrae: Nagmaal en vroue predikante

    18/10/2022 Duration: 27min

    Scriptura antwoord vandag weer twee baie belangrike luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Is die nagmaal as ‘n gawe wat God vir Sy kerk gegee het, oop vir almal of slegs vir diegene wat in 'n regte verhouding met God staan, om te verseker dat mense dit nie onverantwoordelik misbruik en 'n oordeel oor hulself bring nie? Mag vroue in die amp van voorganger of predikant dien? Hoe moet vroue van ander kerke in daardie amp benader en behandel word? 

  • Gebed: Laat U wil geskied ...

    11/10/2022 Duration: 30min

    In hierdie sewende episode van Scriptura se gebedsreeks word die derde bede van die Onse Vader bespreek.  Wat beteken dit as ons bid “Laat U wil geskied”?  Waar soek ons die wil van God?  Moet ons onsself verloën om God se wil te vind?  Wat is die Bybelse begrip van ons roeping, en die roeping van die kerk binne die koninkryk van God?  Ons is gered om om sout en lig te wees as individue en as die kerk.

  • Perspektief: September 2022

    04/10/2022 Duration: 24min

    Angus Buchan lei gebedsdae op verskillende plekke en duisende mense woon dit by.  Wat is die agtergrond en die motivering daarvan, en wat is die rede vir die byeenkomste?  Wat openbaar hierdie massa saamtrekke van Suid-Afrikaanse christene?  Daar is massa saamtrekke, sogenaamde tekens en wonderwerke wat mense emosioneel opgesweep laat vir ‘n kort rukkie, maar gou weer koud word.  Waar is die werklike bekerlinge en ware dissipelskap?  Gaan die volgelinge van die gebedsbyeenkomste ook nou kerk toe, en word hulle diensbare lidmate van hul plaaslike gemeentes?  Wat is die teologie en godsbeeld wat deur hierdie beweging geleer word, en is dit bybels?

  • Gebed: Tweede bede - Laat U koninkryk kom

    27/09/2022 Duration: 29min

    God is ons groot Koning. Hy regeer soewerein as Koning van alle ewigheid af, en sal tot in ewigheid regeer. Waarom bid ons dan in die tweede bede van die Onse Vader, "Laat U koninkryk kom"? Hoekom het Jesus self gesê: "... die koninkryk van God is binne in julle"? Hy het vanuit die hemelse koninkryk na die aarde gekom tot by ons, sodat die hart van die gelowige kan deel wees van die koninkryk van God tot in die volkomenheid van Sy reik; die ewige koninkryk.

  • Gebed: Laat U naam geheilig word

    20/09/2022 Duration: 35min

    In die eerste bede van die Onse Vader gebed sien ons dat God se naam heel eerste staan, en dus is hierdie gebed ook in lyn met die eerste gebod van die tien gebooie. Wat beteken dit om te bid "Laat U naam geheilig word"? Hoe openbaar God homself aan ons? Waarom moet juis die naam van God geheilig word? Jesus het God verheerlik, en Hy is self deur God verheerlik. Gelowiges ontvang die genade om God drie-enig ook reg te ken en te aanbid.

  • Gebed: Ons Vader wat in die hemel is

    13/09/2022 Duration: 42min

    "Ons Vader" verwys na 'n persoonlike verhouding met God, maar ook na 'n Vader van 'n geloofsfamilie. God is die liefdevolle Vader van Sy geliefde verbondsvolk. Ons Vader God wil vir gelowiges binne Sy verbondgemeenskap sorg en voorsien soos 'n vader aan sy geliefde kinders. As gelowige verbondskinders van God mag ons na Hom uitroep as ons hemelse Vader. In gebed praat Christene dus met die almagtige God, en Hy is in die hemel, omdat Hy 'n hoër krag is. Die christelike geloof is uniek in hierdie sin dat Christene die enigste lewende God aanbid, en ons met 'n lewende verhouding met Hom begenadig en geseën word.

page 5 from 17