Synopsis
Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.
Episodes
-
Ep. 25 - Nuwe Kabinet Gesoom, EFF Sonder Skroom en 'n Nuwe Minimumloon
27/11/2018 Duration: 20minHierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ‘n nuwe nasionale minimumloon.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
-
Onderhoudreeks Ep. 7 - Danie Barnard (Aktivis En Entrepreneur)
23/11/2018 Duration: 50minTydens hierdie episode gesels die twee Daniel’s en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019 verkiesing. Danie het die #BoerTestimony beweging op sosiale media begin wat gelei het tot VSA president Donald Trump se opmerkings oor plaasmoorde in SA.
-
Ep. 24 - Grondonteiening Uitgepluis, Unisa Fopnuuspaleis En Cyril Se Ware Kleure Wys
21/11/2018 Duration: 20minKlomp goeie dinge kom in drie’s, BLT broodjies, blinde muise en die Podlitiek span. Selfs hierdie lys bewys dit. Oudergewoonte is die drie besprekingspunte van hierdie episode ook drieledig. Podlitiek bespreek die Grondwetlike Hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ‘n Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa skandaal.
-
Onderhoudreeks Ep. 6 - Pikkie Greeff (SANWU)
15/11/2018 Duration: 52minTydens hierdie uur lange episode het Paul Maritz en Daniël Eloff die voorreg om met die Nasionale Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie (SANWU), Pikkie Greeff, te gesels. Die episode dek Trump, 2019 se verkiesing en die werk van SANWU.
-
Ep. 23 - Gevegte In Die Parlement, Discovery Se Present en Eiendomsregte Geskend.
14/11/2018 Duration: 21minPodlitiek pak die week se nuusgebeure soos Owen Farrell aan, nie met skouers en sonder enige arms nie maar eerder met harde direktheid terwyl ons steeds daarmee weg kom. In hierdie episode bespreek ons rusies in ons wetgewer, HUB besoldiging en die deurlopende debat oor grondonteiening.
-
Ep. 22 - Numsa Party Gestig, Discovery Betug En Malema Ontwrig
07/11/2018 Duration: 21minDaar is altyd iets nuuts uit Afrika - en vanweek is dit sommer ‘n nuwe politieke party. In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die vakbond NUMSA wat onlangs ‘n politieke party gestig het, mediese skemas en AfriForum wat op die EFF se bates wil beslag lê.
-
Onderhoudreeks Ep. 5 - Dawie Scholtz (Verkiesingsguru en bestuurskonsultant)
02/11/2018 Duration: 49minIn hierdie episode het Daniël en Paul die voorreg om met verkiesings-guru en bestuurskonsultant Dawie Scholtz te gesels. Die drie bespreek die betroubaarheid van peilings, Suid-Afrikaanse stempatrone en daar word 'n paar voorspellings vir die 2019 verkiesing gemaak.
-
Ep. 21 - Berade Vir Beleggings, SASOL - Beleid Verslegtings En Nkandla-
31/10/2018 Duration: 21minIn vandeesweek se episode is dit vir die Podlitiek span baie duidelike dat geld watstom is nie regmaak wat krom is nie – selfs nie as jy Cyril Ramaphosa is nie.¶
-
Onderhoudreeks Ep. 4 - Metalhead Vet (@Suidwessie)
30/10/2018 Duration: 57minDaniel, Paul en Daniël gesels in hierdie episode met Suidwessie, 'n bekende en aktiewe Twitter gebruiker. Sy is ook 'n veeartsenystudent aan die Universiteit van Pretoria. Die vier bespreek die rol van sosiale media, studente politiek en politieke ideologie van jong Suid-Afrikaners.
-
Ep. 20 - Timol Praat, Wapens Word Agtergelaat, ANC vir AfriForum Kwaad.
24/10/2018 Duration: 21minIn vanweek se weeklikse episode ontnonsens die Podlitiek span die verwikkelinge oor Ahmed Timol se dood van 40 jaar gelede, die paniek oor vuurwapen-eienaarskap en ook die ANC se flou reaksie op plaasaanvalle.
-
Ep. 19 - Floyd En VBS, Self - Doen Is Bes En Pik Botha - ‘n Vinnige Les
17/10/2018 Duration: 22minIn vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ‘n positiewe verwikkeling of twee. Die span bespreek die VBS skandaal, die verwikkelinge in Witbank en Pik Botha se afsterwe.
-
Ep. 18 - Dubbelstandaard, Koshuisename Ontaard, Nene Speel Oop - Kaarte.
11/10/2018 Duration: 22minIn vanweek se episode pak die Podlitiek dubbelstandaarde, snaakse besluite deur universiteitsbestuur en die Nene-saga by die horings aan.
-
Onderhoudreeks Ep. 3 - Dirk Scheepers (DS Program)
10/10/2018 Duration: 57minMet Podlitiek se derde episode van hul onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Dirk Scheepers wat al die pad van die VSA af hier in Suid-Afrika gekuier het. Dirk is die aanbieder van die DS Program podsending en werk in New York.
-
Ep. 17 - ANC Gryp Baloyi Se Strot, Denel Bankrot En Myne Vrot
03/10/2018 Duration: 20minIn vanweek se politiek is daar probleme bo en onder die grond – maar die Podlitiek span durf weer met groot moed en baie geduld alles aan, van politieke geweld tot mynbou-moles.
-
Ep. 16 - Wettige Dwelms, Verkiesing Voorspellings En Stimlus - Kwellings.
26/09/2018 Duration: 21minNet omdat dagga nou wettig is, beteken nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hul besef goed, waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuur. Die span bespreek die Grondwetlikehof se uitspraak oor dagga, die IRV se onlangse verkiesingsopname en die probleme met Ramaphosa se stimulus plan.
-
Spesiale Episode - Podlitiek praat erfenis
24/09/2018 Duration: 25minSpesiale geleenthede vereis spesiale bederf – soos ’n spesiale uitgawe van Podlitiek! Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in besonder.
-
Ep. 15 - Maimane Laat Almal Lag, China Soek Krag En Wellington Se Ou Vlag
20/09/2018 Duration: 22minDie Podlitiek-span neem vanweek weer die swaard op teen ideologiese moerasse, filosofiese lokvalle en politiese paniek deur te gesels oor Maimane wat almal laat lag, China soek krag en Wellington se Ou vlag.
-
Ep. 14 - Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se geding
14/09/2018 Duration: 20minDie Podlitiek-span hervat vanweek hul nimmereindigende kruistog teen feitefoute, propaganda en algemene politiekery. In hierdie episode Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se Parlement-geding.
-
Onderhoudreeks Ep. 2 - Martin Van Staden (FMF & Rational Standard)
07/09/2018 Duration: 33minMet die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ‘n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die Hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.
-
Ep. 13 - Steve Sê Nee, SA Se BBP, Theresa May Verleë
06/09/2018 Duration: 21minIn die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in video! Die span gesels oor Steve Hofmeyr wat sy 1992 referendum stem wil verander, Suid-Afrika se resessie en Theresa May se flater oor grondonteiening.