Synopsis
Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.
Episodes
-
Ep. 6 - BLF, Obama en Al-Bashir
20/07/2018 Duration: 20minIn hierdie episode gesels Paul Maritz, Hermann Pretorius en Daniël Eloff oudergewoonte oor ‘n paar opspraakwekkende nuusflitse van die afgelope week. Hierdie week val hul vergrootglase op Black First Land First, die rasgedrewe drukgroep wat onlangs weer opspraak gemaak het, Suid-Afrika se voorgenome terugkeer na die Internasionale Geregtigheidshof, en die voormalige Amerikaanse President Barack Obama se onlangse besoek aan Suid-Afrika.
-
Spesiale Episode - Mandela: Waar het hy gewen, verloor en hoe onthou ons hom
18/07/2018 Duration: 20minIn ons eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van Oud-President Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring. Die paneel stel die episode soos ʼn Afrika-potjie op – dus met drie bene, maar een sentrale vuurmaakplek.
-
Ep. 5 - Leiers, lugdienste en lang vingers
13/07/2018 Duration: 20minDie DinGaan nie werk vir die Zoeloe’s nie, sit die SA terug in SAL, en Suid-Afrika se Korrupsie-Glipsie.
-
Ep. 4 - Belasting, benaming en bewaring.
06/07/2018 Duration: 19minIn hierdie episode gesels Daniël, Paul en Hermann Pretorius oor Grahamstad se voorgestelde naamsverandering, die situasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se Kommissie van Ondersoek en word daar ‘n argument gemaak vir die bewaring van wild deur kommersiële jag.
-
Ep. 3 - Kwaksalwery, Kaap-krisisse En Kolisi
29/06/2018 Duration: 20minIn hierdie episode gesels ons oor die afgelope ruk se aktuele nuusgebeure. Die drie gebeure waarop hierdie episode fokus is die Nasionale Gesondheidsversekering en vrae daar rondom, die DA se huidige uitdagings, spesifiek die uitspraak in die De Lille hofsaak, en die manier waarop Rachel Kolisi, die vrou van Siya Kolisi, op Twitter hanteer is.
-
Ep. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie
26/06/2018 Duration: 28minEp. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie by Podlitiek
-