Invia Gemeente

Opstandingsondag: Ware Onsinnige Praatjies deur Theo Geyser

Informações:

Synopsis

Pyn veroorsaak die toemaak en wegkruip van alles wat my lewe seergemaak het. Soos die dissipels kruip ons ook eerder weg agter geslote deure, omdat my hart toegeslaan het. Die dissipels wou weet waar is die grafsteen, en niemand weet hoe dit weggerol is nie. Dit is presies wat ‘n opstanding is! Dit is God se werk. Jesus het nie self opgestaan nie, God moes dit doen en elke menslike poging sal nooit die opstandings kan bring wat ons almal nodig het nie! Die mooi is dat God breek deur die deure van ons innerlike weerstand en maak dit oop. In Johannes 20 blaas hy oor die dissipels. En dit is hoe die deure van ons harte weer oopgaan! Die grafsteen en deur wat oopgaan was onsinnige praatjies genoem. Jy kan dit maar noem ‘te goed om waar te wees!” Welkom by die opstanding!