Maroela-onderhoude

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 35:00:53
  • More information

Informações:

Synopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodes

  • ‘Jy is wat jy eet,’ sê dokter oor diabetes

    05/09/2025 Duration: 17min

    In die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp dr. Marlé van der Merwe lig op die verskille tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes, asook tekens van dié siektetoestand. Maroela Media

  • Nádine gee Karin Hougaard-treffer nuwe asem

    01/09/2025 Duration: 14min

    Die sprankelende sangeres vertel in Maroela Media se ateljee sy het aanvanklik net beplan om die liedjie op Steve Hofmeyr se Ikoon-konsert te sing en het nooit gedink sy gaan dit opneem nie. Maroela Media

  • Pieter Koen terug agter mikrofoon

    29/08/2025 Duration: 10min

    “Belangrikste van alles was dit vir my ʼn manier om hulde te bring aan ʼn goeie vriend, asook een van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars van sy era.” Maroela Media

  • Kritiese denke op voorgrond by Affies-redenaars

    28/08/2025 Duration: 09min

    Affies het vanjaar ʼn allemintige 14 leerders in 15 kategorieë by die ATKV-redenaarskompetisie se landsfinaal gehad. Drie leerders het by Maroela Media in die ateljee gekuier en is juis uitgedaag om oor kritiese denke onder die jeug te redeneer. Maroela Media

  • Krone-droom word waar vir Danny Smoke

    26/08/2025 Duration: 08min

    “Die groot verhoog, die ligte – dis alles net asemrowend. Dit is die meeste opwinding wat jy ooit in een vertoning sal beleef.” Maroela Media

  • Sangers vorm musiekduo ná liefde op verhoog blom

    23/08/2025 Duration: 15min

    “Terwyl ons gesing het, het ek haar deur my sonbril dopgehou. Ek het sommer geweet wanneer ons optrede verby is, gaan ons sokkie tot die môrester opkom.” Maroela Media

  • Vier 50-jarige mans wil Afrikaans en die lewe vier   

    23/08/2025 Duration: 14min

    “Dit is 2025, al vier van ons is 50 jaar oud en in 1975 gebore, en Afrikaans is 100 jaar oud. 2025 is die jaar waarin ons al hierdie begrippe kan saamsnoer in een begrip, ‘Die Vyftigers’.” Maroela Media

  • Bernice West oor ma-wees en nuwe musiek

    22/08/2025 Duration: 04min

    “Dit bly ʼn groot voorreg, die voorreg om lewe te kan bring in hierdie wêreld is amazing. Elke keer wanneer ons vir Lua kyk, is daar ʼn gevoel wat mens nie kan verduidelik nie.” Maroela Media

  • ‘Elke liedjie vertel eie storie,’ sê Jaid River

    14/08/2025 Duration: 09min

    “ʼn Mens moet eintlik met oorfone na die liedjie luister, want dan kan jy ervaar hoe kitaarklanke eers in die een oor, dan in die ander opklink. Presies asof die klank deur toutjies van die een kant na die ander getrek word.” Maroela Media

  • KKNK-verhoog rede vir haar musiekdroom

    14/08/2025 Duration: 08min

    “Toe my voete op daardie verhoog land, het ek geweet musiek is wat ek wil doen. Ek is baie bevoorreg en geseënd dat ek my musiekdroom voltyds kan najaag.” Maroela Media

  • Jennifer Zamudio vier 25 jaar van musiek

    10/08/2025 Duration: 12min

    “Die bedryf het verander. Ons as kunstenaars moet daarby aanpas.” Maroela Media

  • Passievolle ‘wildewragtig’ Reandi stap plaaspad saam met boere

    08/08/2025 Duration: 18min

    “Jy is so uitgelewer aan die natuur en die Here se genade, so jy as boervrou moet besef dat daar nie altyd roetine gaan wees nie en dat daar moeilike seisoene is wat jy saam met jou eggenoot sal moet trotseer.” Maroela Media

  • 'Jy kán’ sê Prop met LIG-konsert vir gestremdes

    04/08/2025 Duration: 09min

    Hy wil vir mense wat daagliks weens gestremdhede voor unieke uitdagings te staan kom, wys dat hulle dit kán oorkom. Maroela Media

  • Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou

    01/08/2025 Duration: 27min

    Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou. Maroela Media

  • Zoé spreek tot jong vroue met treffersnit

    01/08/2025 Duration: 06min

    Uittreksel: “Ek het glad nie die reaksie verwag nie, maar dit is duidelik dat vroue, oud en jonk, by die lirieke aanklank vind. Ek dink dit is ʼn liedjie wat vroue raakgesien laat voel.” Maroela Media

  • Liefde, genesing ná fratsongeluk inspireer Heidi se musiek

    31/07/2025 Duration: 07min

    “Ek lewe elke dag voluit, bid vir wysheid, insig en krag om ʼn mooier mens van binne en buite te wees, om gesonder te leef en om daar te wees vir my kinders.” Maroela Media

  • Musiekgroep raak kreatief met KI

    30/07/2025 Duration: 09min

    “Dit sou maande en miljoene rande gekos het, nou het ons dit self binne twee dae geskep.” Maroela Media

  • Slim kosplanne vir kleuterskole op ʼn begroting

    30/07/2025 Duration: 12min

    Minder suiker, meer kleur en minder vermorsing begin alles met ʼn lysie en ʼn plan. Helpende Hand se span bemagtig kleuterskole met praktiese raad en hulp. Maroela Media

  • Landbouprogram wys fut van ywerige plattelanders

    28/07/2025 Duration: 14min

    Chris Burgess en sy span vertel stories van mense wat oplossings vir probleme in hul buurte en gemeenskappe aanpak. Maroela Media

  • Roerende Afrika-fliek is Embeth Davidtz se ode aan Afrika

    27/07/2025 Duration: 09min

    “Ek het self op ʼn plaas grootgeword. Zimbabwe gaan altyd anders as Suid-Afrika wees. Maar ek het geweet ek sou die storie kan vertel. My tyd in Suid-Afrika het die fliek ten volle beïnvloed.” Maroela Media

page 1 from 8