Synopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodes
-
Perspektief: September 2020
29/09/2020 Duration: 50minOnlangse nuusgebeure: Clicks Cuties KwaSizabantu
-
Luisteraarsvraag: Waar is God as die boosheid skynbaar seëvier?
22/09/2020 Duration: 47minWaar is God wanneer daar soveel boosheid in die wêreld is? Is dit buite sy beheer?
-
Perspektief: Augustus 2020
24/08/2020 Duration: 39minWatter Bybelse riglyne bestaan daar omtrent vuurwapenbesit onder Christene ter wille van selfverdediging?
-
Verlossing deur genade alleen: Volharding van die Heliges
18/08/2020 Duration: 47min"En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie."
-
Verlossing deur genade alleen: Onweerstaanbare genade
11/08/2020 Duration: 59minNiemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:44
-
Verlossing deur genade alleen: Beperkte versoening
04/08/2020 Duration: 44minDie versoening wat Christus bewerk het is slegs bestem vir die uitverkorenes.
-
Perspektief: Julie 2020
28/07/2020 Duration: 51minMeningstuk in die Beeld: 'n Dopper kan ook gay wees Christene in Sjina wat hul geloof moet opsê BLM-Beweging in Suid Afrika
-
Verlossing deur genade alleen: Onvoorwaardelike verkiesing
21/07/2020 Duration: 53minIn die episode behandel ons die tweede aspek van die TULIP-akroniem. U - Unconditional election of Onvoorwaardelike verkiesing.
-
Verlossing deur genade alleen: Algehele verdorwenheid
14/07/2020 Duration: 35minHierdie is die eerste episode in ons reeks oor God se genade en ons redding aan die hand van die "TULIP-akroniem". In die episode bespreek ons die eerste beginsel T: "Total depravity" of "Algehele verdorwenheid"
-
Kerkmusiek en Himnologie
07/07/2020 Duration: 01h15minOns gesels in die episode met Braam van Tonder oor die belangrikheid van himnologie en die ontwikkeling van kerkmusiek.
-
Perspektief: Junie 2020
30/06/2020 Duration: 40minOns fokus in hierdie episode op die "Black Lives Matter" beweging en die gedagte van "wokeness"
-
Luisteraarsvraag: NASA en Lewe op Mars
23/06/2020 Duration: 43minWat is die vernaamste rede waarom NASA mense na Mars wil stuur? (05:45) Is hulle motief dalk om te bewys dat die Evolusie-leer waar is? (31:33) Stel mense wat aansoek doen om deel te neem hieraan hulle lewens in gevaar? Moet Mars "bewoon en bewerk" word? (14:00) Is die geskiedenis van die mense se onkunde en eie idees nie besig om homself te herhaal nie (Soos met die toring van Babel)? (25:10)
-
Eskatologie: Merk van die dier
16/06/2020 Duration: 49min"En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het." Openbaring 13:16-17
-
Perspektief: Mei 2020
09/06/2020 Duration: 57minOns kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief
-
Eskatologie: Wegraping
02/06/2020 Duration: 37minIn hierdie episode in ons Eskatologie reeks praat ons oor die "Wegraping".
-
Eskatologie: Duisendjarige Vrederyk
26/05/2020 Duration: 33minDie "Duisendjarige Vrederyk" is 'n konsep waaroor daar al baie gedebatteer is. Daar is ook klomp verskillende sieninge oor wat dit beteken. Is dit 'n "letterlike" duisend jaar waarna hier verwys word? Hoe moet ons hierdie gedeelte in Openbaring verstaan?
-
Eskatologie: Oorsig
19/05/2020 Duration: 55minHierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks wat handel oor Eskatologie. Eskatologie is die Bybelse leer oor die laaste dinge, die wederkoms van ons Here en die dinge rondom die eindtye, soos dit o.a. in die boek Openbaring geopenbaar word. In hierdie episode kyk ons eers oorsigtelik na die vier groot sieninge wat daar oor die eindtyd bestaan. Ons gesels ook oor waarom dit vir ons belangrik is om oor die eindtyd te praat en te dink.
-
Perspektief: April 2020
12/05/2020 Duration: 55minOns kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Doelbewuste kinderloosheid 2. Gesinsgeweld wat toeneem in die grendeltyd
-
Luisteraarsvraag: Het die mens 'n vrye wil?
29/04/2020 Duration: 52minAs ons glo dat God ons uitverkies het en 'n alles vooraf bepaal het - is ek nog steeds vry om my eie keuses te maak? Of forseer God ons om die keuses te maak soos wat ons doen?
-
Luisteraarsvraag: Hoekom dien ons die Here / Voorspoedsteologie
21/04/2020 Duration: 40minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die voorspoedsteologie. Wat is ons motiewe om die Here te dien - is dit vir persoonlike gewin? Hoekom gebeur dit dikwels so dat die kerke leeg is wanneer dit goed gaan met ons, maar wanneer die swaar tye kom soek almal weer die kerk op? Ons gesels oor bekende voorspoeds-teoloë soos Kenneth Copeland. En kyk ook die idees van voorspoedsteologie dalk onwillekeurig in ons gedagtes ook begin posvat.