Synopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodes
-
Ampte: Roeping
30/03/2021 Duration: 38minAmpte: Roeping Elke gelowige het ’n roeping – die roeping om gelowige te wees in die wêreld. Maar gelowiges het ook n roeping binne die kerk om met hul gawes die medegelowiges te dien deur middel van die spesifieke ampte. 02:10 God roep deur die evangelie. Hoe vervul gelowiges hul roeping in die wêreld? 03:54 God werk in en deur Sy kerk. 07:00 Primêre roeping - God roep elke mens na Jesus toe om Hom te volg. 08:24 Gawes gaan ‘n gemeente vooraf, en is bedoel om God en die gelowiges te dien. 16:00 Ons moet ampte in die kerk reformeer. 16:35 Hoe lyk die spesifieke roeping van ampsdraer in die kerk? 20:50 Gelowiges word gedring deur die Gees tot ‘n spesifieke roeping. 25:13 Roeping is ‘n innerlike dryf deur die Gees en ‘n uiterlike getuienis na die gemeente, wie dit ook bevestig. 30:35 Bekwaamheid en gewilligheid kan nooit ‘n plaasvervanging wees vir die roeping van ampte nie. 32:00 Roeping moet reformeer: verstaan roeping, en hou by standaard en kwalifikasies wat die Woord stel. 32:46 Gebed staan sentraal i
-
Ampte: Die Amp van Gelowige
23/03/2021 Duration: 35minAmpte: Die Amp van Gelowige Hierdie inleidende episode van die Ampte in die kerk, skets die breë trekke van die ampte, hoe pas ampte/dienste in die kerk, hoekom is ampte nodig, en wat is die gereformeerde kerkbeskouing van die ampte. Die Here, Jesus Christus, het die ampte ingestel, en die Christen word geroep om in die amp van gelowige in die kerk te staan, asook buite die kerk te getuig in die uitleef van sy/haar geloof in die samelewing. Artikel 29 van die Nederlandse geloofsbeleidenis verduidelik wat 'n ware kerk is en hoe haar lidmate lyk. 2:10 Die amp van gelowige. 3:00 Hoe pas die ampte in die kerk in? 7:35 Is die ampte vir die kerk nodig en hoekom? 14:05 Wat beteken die amp van die gelowige? Efesiërs 1:3-23 23:10 Die doel van die gelowige se bestaan is aanbidding. 31:24 Elkeen word geroep om in die amp van gelowige te staan. 31:42 NGB Artikel 29 - hoe lyk die lidmate van die ware kerk?
-
Ouerskap: Bybelse Kind-wees
16/03/2021 Duration: 55minOuerskap: Bybelse Kind-wees 1. Inleiding a. Afbakening: Episode is hoofsaaklik vir kinders in huis, nie as volwassenes nie. b. Luister ook ander episodes in reeks, veral Ouerskap: Dissipline. 2. Ek moet my ouers alle eer bewys. a. Pa sowel as ma (nie teen mekaar afspeelnie). b. Wees lief vir jou ouers. 3. Wat as ek voel my ouers is verkeerd? a. Erken hulle is sondaars, net soos jy. b. Moenie dadelik spring na twyfel in hulle goeie bedoelings nie. c. Wees ʼn kind vir jou ouers soos wat jy kind van God is. d. As jy steeds voel jou ouers is verkeerd? i. God het ouers oor kinders aangestel met ʼn goeie doel - vertrou Hom. ii. Ouers is deur God aangestel, maar het self perke. 4. My rol as kind in my ouerhuis. a. Kommunikeer met jou ouers b. Behulpsaam en diensbaar i. Seuns ii. Dogters c. Verhouding met broers en susters
-
Ouerskap: Bybelse Ma-wees
09/03/2021 Duration: 53min4:04 1. Die skepping van die mens - Eva is geskep na God se beeld - Eva is geskep as hulp wat by Adam pas 21:30 2. Bybelse vrou-wees - In die samelewing - In die huwelik (Efesiërs 5) 31:47 3. Bybelse ma-wees - Die gevolge van sondeval - Wat beteken 1 Tim 2:15? 49:17 - Prakties: eer God en wees gehoorsaam in rol as vrou en moeder
-
Februarie in Perspektief
02/03/2021 Duration: 59minAustraliese wetsontwerp teen homoseks-bekering, James Coates gearresteer na oortreding van Covid-19 regulasies, Twee sterftes van Ravi Zacharias 1:19 Australiese wetsontwerp teen homoseks-bekering. 21:40 Kanadese predikant, James Coates, gearresteer en verbied om te preek weens oortreding van Covid-19 grendelregulasies. 38:50 Die twee sterftes van apologeet, Ravi Zacharias.
-
Ouerskap: Bybelse Pa-wees
23/02/2021 Duration: 47minBybelse Pa-wees vloei vanuit God se skeppingsorde vir die mens en die huwelik met die man as hoof van sy gesin. Ons moet Pa-wees deur die lens van God se verbond met Sy volk sien. 3:43 Om my rol as man in die lig van God se skeppingsorde uit te leef. 6:43 Jy kan nie ‘n Bybelse pa wees as jy nie ‘n verhouding met God het nie. 9:50 Man moet verantwoordelikheid vat van hul huis en gesin. 19:32 Om my rol as man in my huis in die lig van God se plan met die huwelik uit te leef. 26:50 Vaders moet hul kinders help om God se wil te ontdek, nie hul eie nie. 27:58 Om my rol as vader van my kinders in die lig van my hemelse Vader uit te leef. 32:46 Die vader speel ‘n kardinale rol met die vind van ‘n lewensmaats. 34:45 Om my rol as verbondsouer in die lig van God se verbondsbeloftes uit te leef. 39:36 Die pa moet sy vrou en gesin begelei na die troon van genade.
-
Luisteraarsvrae: Die lewe na die dood, engele, gerubs en serafs.
16/02/2021 Duration: 38min02:10 Wat gebeur met gelowiges en ongelowigtes na die dood? 06:19 Die siel van gelowiges en ongelowiges is onsterflik. 13:58 In die hiernamaals is gelowige en ongelowige bewus van hul omgewing. 17:35 Wat is die verskil tussen serafs, gerubs en engele? 23:57 Gerubs is engele wat oor God se heiligheid waak. 30:32 Serafs is engele wat God se heiligheid besing. 35:03 Christene hoef nie demone te vrees nie.
-
Ouerskap: Dissipline
09/02/2021 Duration: 44minOuers is deur God aangestel oor die kinders en word geroep om met gesag kinders in hierdie lewe te lei. Ouers moet binne die Bybelse grense optree as hulle kinders sondig en ouers mag ook optree wanneer hulle kinders sondig. 4:24 Die punt van Bybelse dissipline is hartsverandering van kinders. 8:34 Hoe kan ek as herder my kind lei dat hy/sy by die Here uitkom? 16:43 Ouers moet konsekwent wees in hul dissipline. 22:00 Vaders se foutiewe gedrag reflekteer dikwels ‘n verwronge beeld van God, die Vader. 29:20 Dis belangrik dat kinders Bybelse gesagsordes verstaan. 36:40 Dissipline wat nie in liefde gedoen word nie, is onbybels en lei tot mishandeling. 39:40 Dit is belangrik om vergifnis te vra wanneer ouers gefouteer het.
-
Perspektief: Januarie 2021 - Eredienste en huidige regulasies van die regering
29/01/2021 Duration: 01h23min1. Hoe gemaak met die regering se Covid-19 regulasies? 1.1. FOR SA se saak teen die regering oor eredienste. 2. Hoe dink die kerk Bybels oor die opskorting van eredienste? 2.2. Hoe hanteer kerkrade en christene verskille aangaande die opskorting van eredienste en die regering se regulasies?
-
Ouerskap: Ouerskap is Herderskap
26/01/2021 Duration: 42minHerderskap definieer die verhouding wat ouers met hul kinders behoort te hê. Die Here verwag van ons om ons kinders op te voed tot Sy eer. 5:33 Waarom is herderskap nodig? 15:08 Wat het ons kinders nodig? 17:36 Wat is herderskap NIE? 23:54 Herderskap is om eerlik, opreg en regverdig te wees. 31:11 Hoe lyk herderskap in die praktyk?
-
Ouerskap: Wat is vir God belangrik mbt ouerskap?
19/01/2021 Duration: 45minDie leer en lewe van ouers moet in pas wees met God se skeppingsplan en verbond met Sy volk. Die beeld van God as Vader van Sy kinders, en Sy woord as basis waaruit ons kinders opvoed, is die fondamentele riglyne vir Christen ouerskap. Die nuwe reeks oor ouerskap begin met 6 raakpunte: 02:11 Wat is bybelse ouerskap? Herderskap Dissipline Bybelse pa-wees Bybelse ma-wees Bybelse kind-wees 11:19 Waarin is ouerskap gesetel? God se skeppingsdoel God se verbond met Sy volk 20:00 Wat modelleer ouers se verhouding met Christus aan hul kinders? Verbondsgemeenskap Beeld van Vaderskap 29:16 Hoe leer ons ons kinders van God? Voed kinders op vir God en nie vir onsself nie 37:24 Gee die aflosstokkie aan. Modelleer God se wêreldbeeld 43:38 Die voorbeeld van Timoteus. 2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. 2 Timoteus 1:13-14 Neem die woorde wat jy van my gehoor he
-
Perspektief: November 2020
01/12/2020 Duration: 39minRasverbeterings-leer of Eugenetiek (01:38) Selfmoord onder tieners (18:24) Boek van dr Ben du Toit - "God, Is daar 'n ander antwoord?" (30:25)
-
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is 'n Geloof-alleen teologie
24/11/2020 Duration: 55min"Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe."
-
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is verbondsteologie
17/11/2020 Duration: 01h01minVerbondsteologie is Gereformeerde teologie wat 'n aleinding is vanaf die Skrif waaruit ons kan aflei hoe God met die mens tewerk gaan en hoe Hy dan ook sy verlossingsplan uitvoer in Sy ewige raad.
-
Hoekom is ek gereformeerd: Want gereformeerde teologie is 'n "Christus-alleen" teologie
09/11/2020 Duration: 42minIn Gereformeerde teologie val die fokus op Jesus Christus - deur Hom is daar vir ons lewe en redding!
-
Kerkmusiek en Himnologie 2
02/11/2020 Duration: 55minOns gesels verder met die kenner, Braam van Tonder. Ons gesels in die episode spesifiek oor die beoordeling van liedere om in die kerk te sing.
-
Perspektief: Oktober 2020
27/10/2020 Duration: 01h08minTrump vs Biden. Senekal. Direkte Bybelvertaling.
-
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd
20/10/2020 Duration: 54minIs jou teologie Skrifgefundeerd? Wat beteken dit om Skrifgefundeerd te wees? Ons is by die 3de episode van ons nuwe reeks: Hoekom is ek Gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd
-
Hoekom is gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Godgesentreerd
13/10/2020 Duration: 40minWat is jou doel op aarde? Wat is die Here se plek in jou daaglikse lewe? Ons is gereformeerd omdat ons Godgesentreerd wil lewe! Ons hoogste doel is om God te eer en Hom te verheerlik - Soli deo Gloria! Ons gesels in hierdie episode ook oor hoe Godgesenteerdheid prakties lyk: In 'n mens se eie lewe en ook in 'n gemeente.
-
Hoekom is ek gereformeerd? Almal is 'n teoloog
06/10/2020 Duration: 44minIs teologie net bedoel vir predikante? Of dalk ouderlinge? In hierdie episode gesels ons oor die gedagte dat elke persoon eintlik 'n teoloog is - selfs al besef jy dit nie eers nie, of al ontken jy dit.