Synopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodes
-
Perspektief: Augustus 2021
31/08/2021 Duration: 58min00:00 Augustus 2021 in Perspektief00:22 Opsomming van die onderwerpe ter sprake: - Vervolging van Christene in Afghanistan na Taliban oorname. - Inenting Manipulasie: Game gee 10% afslag vir mense wat ingeënt is. - Christus word verheerlik op die Olimpiese Spele.03:11 Vervolging van Christene in Afghanistan na Taliban oorname.13:00 Hoe moet Christene en die kerk na die vervolging kyk? 22:09 Inenting Manipulasie: Game gee 10% afslag vir mense wat ingeënt is.34:37 Hoe gaan hierdie wêreldbeskouing Christene raak? - Wat gee ons weg in tye van ‘n krisis? - Word ons vryheid om te aanbid geraak? - Hang die wêreld se veiligheid van my inenting af?41:00 Christus word verheerlik op die Olimpiese Spele. - Die spele is misbruik om ook die seksrevolusie te bevorder.50:52 Alles gaan oor die eer van God. Skrifgedeeltes: Openbaring 1:9, Kolossense ? 1 Korinthiërs 12, Johannes 11, Habakuk 2, Romeine 14, Romeine 8, Filippense 3
-
Pastoraal: Konflikhantering
24/08/2021 Duration: 36minAanbieders: Gerhard van Rhyn en Jan-Louis Lee00:00 Pastoraal: Konflikhantering01:21 Oorsig03:52 Wat sit dikwels agter konflik? (selfsug, woede, wraak, ens)04:38 Hoe toets ek my hart tydens konflik? 06:48 Bybelse riglyne15:58 Hoe hanteer ons konflik?19:20 Is alle konflik verkeerd? 24:00 Konflikvermyding kan liefdeloos wees.26:00 Persoonlikheidsverskille.33:24 Konflik kan ‘n geleentheid wees vir groei.34:51 Hou vas aan die waarheid en liefde. Skrifgedeeltes:Galasiërs 2:13, Efesiërs 4:25-27, Mattheus 18, 2 Korintiërs 13, Handelinge 15:36-41, 1 Korintiërs 6
-
Pastoraal: Egskeiding
16/08/2021 Duration: 34min00:00 Pastoraal: Egskeiding 01:06 Statistieke van egskeiding 05:46 Geldige oorsake vir egskeiding: Egbreek, Ongeloof, Gesinsgeweld 11:30 Ander onbybelse redes vir egskeiding 16:57 Wat hou 'n huwelik in toom? God-gesentreerde huweliksverhouding, voorhuwelikskategese, bybellees, bid, diensbaarheid, goeie vriendekring/omgewing, berading 24:35 Gevolge van egskeiding 25:00 Kerklike tug 30:03 Die effek van egskeiding op kinders 32:40 Kerklike ondersteuning Skrifgedeeltes: Mark 10:2-12, Eks 20:13-14, 1 Kor 7, 1 Kor 11:1-16, Ef 5, Matt 5:21-26, Gen 9:6, Fil 4, Hooglied, Gal 6:10, Heb 13:4 Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn
-
Pastoraal: Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?
10/08/2021 Duration: 46minIn hierdie episode gesels die Scriptura span oor die onvergeeflike sonde. Dikwels twyfel christene of hulle al skuldig was daaraan, en of hulle vergewe kan word daarvoor. Christene worstel en sukkel meestal met hierdie vraag oor sonde: Kan wedergeborenes die onvergeeflike sonde pleeg? En nog ander wonder weer of gelowiges hoop op vergifnis kan hê as hulle sonde gedoen het. Wat beteken dit om teen die Heilige Gees te laster, en wat is dan die sonde tot die dood? 00:00 Pastoraal: Onvergeeflike Sonde 02:45 Het ek dalk die onvergeeflike sonde gepleeg? 05:00 Kan christene in sonde val? 14:42 Watter hoop is daar dat God ons sal vergewe? 20:51 Gereformeerde leerstelling van die volharding van die heiliges/wedergeborenes. 22:11 Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie. 23:00 Is daar 'n onderskeid tussen sonde en laster teen die Heilige Gees? 23:29 Wat is die sonde tot die dood? 26:22 Nominale christen. 28:16 Ware berou is onmoontlik sonder die Heilige Gees. Subjektiewe tekens/vrugte van wedergeboorte: - Bewusthe
-
Perspektief: Julie 2021
03/08/2021 Duration: 52minIn hierdie episode beskou Scriptura 'n paar aktuele sake en nuusgebeure van die afgelope maand vanuit 'n Bybelse perspektief. 00:00 Julie 2021 in Perspektief 01:30 Onluste en eredienste 09:55 Gereformeerde term, Sphere sovereignty, beginsel van soewereiniteit in eie gesagskring: gesin, kerk, regering 11:30 Nederlandse Geloofsbeleidenis artikel 36: die plek van die regering 16:20 Statisme - staat kry oppermag oor alles 18:43 Hoofpunte: - Die antwoord oor eredienste kan nooit wees: So sê die regering nie. - Kan die kerkraad ‘n lidmaat bind deur te sê: Jy kan nie vandag die 4de gebod gehoorsaam nie, en die erediens bywoon nie? - Virtuele dienste is nie eredienste nie - Die kerkraad moet realistiese evaluasies doen 24:40 Inentingspaspoorte en beperking van beweging van die wat nie ingeënt is nie - Patroon van die narratief - Ingeligte besluit teenoor ‘n aktivistiese besluit - Onderskei tussen eredienste en inenting 40:40 Inent of nie: ‘n saak van skeiding tussen gelowiges? Skrifverwysings:
-
Pastoraal: Geloofsekerheid
27/07/2021 Duration: 42minPastoraal: Geloofsekerheid En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen. (1 Thes 5:23-24)
-
Pastoraal: Chroniese Moegheid
20/07/2021 Duration: 48min02:39 Wat is chroniese moegheid nie? 09:29 Onderliggende mediese toestand 11:45 Redes vir chroniese moegheid: fisies, lewensstyl 23:38 Aanvaar uitdagings/omstandighede/toestand 24:04 Geestelike oorsake 26:28 Geestelike ondersoek 29:07-29:40 Gereformeerde Laerskool Bellville Advertensie 29:55 Sterk-man sindroom 32:25 Waak teen groef van moegheid - rus 33:23 Gesindheid oor chroniese moegheid 37:16 Onderliggende geestelike uitdagings 43:00 Wees getrou - werk en dien met blydskap en dankbaarheid 45:03 Jy is menslik: liggaam en gees - bid tot God om hulp
-
Junie 2021 in Perspektief: Gelowiges en 'n politieke bewussyn
13/07/2021 Duration: 47minPodlitiek en Radio Scriptura gesels in hierdie episode saam oor die rol van die kerk in die samelewing, en kyk vanuit 'n bybelse perspektief na die vraag: Wat is die band en verhouding tussen geloof en politiek? Aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz, is in gesprek met Jan-Louis Lee, Marnix Boersema en Jaco de Beer, en brei uit oor die kerk se politieke bewussyn, gelowiges se deelname en plek in die politiek. - Mag gelowiges 'n politieke bewussyn hê? - Moet gelowiges deelneem aan politiek? - Is daar 'n plek vir gelowiges in die politieke sake? 00:00 Podlitiek info 00:55 Scriptura info 04:04 Mag gelowiges 'n politieke bewussyn hê, en moet ons deelneem aan die politiek? 10:40 Wat is die plek van Christus in die kultuur? 14:30 Verhouding tussen kerk en staat 16:00 Moet die kerk 'n politieke bewussyn hê? 20:38 Die staat is 'n dienaar van God 22:55 Moet kerk en staat geskei wees? 30:03 Ons grootste probleem is sonde, en ons grootste nood is Christus 33:45 God het 3 omgewings ingestel: die gesin, die kerk en die r
-
Luisteraarsvraag: Hoe om ouers te motiveer tot verbondsonderrig?
06/07/2021 Duration: 25minLuisteraarsvraag: Hoe om ouers te motiveer tot verbondsonderrig? 02:58 Basisopdrag vir kategese: Deuteronomium 6:4-7 03:55 2 Timoteus 3:16-17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering.... 05:53 Paulus gee vir Timoteus twee voorskrifte vir moeilike tye 08:00 Die ouer bly die primêre kategeet 09:20 Uitdagings vir die gesin 12:26 Wat wil ek vir my kinders gee? 13:55 Wees getrou om jou kinders in die woord van God te onderrig 17:15 Die heel beste vir my kind is om hom in die verbond en in die genade van die Here groot te maak. 20:30 Lewensstyl en prioriteite - glo jy self regtig in die Here? Skrifgedeeltes: Deut 6:4-7, 2 Tim 3:14-17, 2 Tim 1:3-5, Mat 6:33, Kol 3, Deut 18:10
-
Pastoraal: Eetversteurings
29/06/2021 Duration: 41minPastoraal – Eetversteurings 02:04 Pastoraal – Eetversteurings (Pred. 2:24-25) 05:10 Beskrywing van eetversteurings 08:40 Hoe lyk eetversteurings hedendaags 13:08 Kos word 'n afgod in die persoon se lewe 15:10 Obsessiewe beheer van oefening en voedselinname 19:17 Strikke in ons dag en tyd 23:57 Die hart agter eetversteurings 26:00 Kos kan 'n kruk/troosmiddel word om depressie, trauma, spanning, self-waarde, beheer en angs te hanteer. 27:07 Identiteit - waarin lê jou waarde? 28:01-28:37 Die Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie 30:31 Bybelse perspektief 33:22 Ons moet eet tot God se eer - eet om te lewe, nie lewe om te eet nie 36:00 Dit is nie tot God se eer as ons die 6de gebod te oortree nie 39:12 As gelowige kan ek die gawes uit God se hand geniet 41:30 Die stryd teen enige eetversteuring begin by die bybelse siening van kos in ons lewens 42:50 Kyk na jou liggaam en kyk na wat jy eet, want dis tot eer van God Skrifgedeeltes: Pred 2:24-25, 1 Kor. 6:12-20, Rom. 12:1-2, Fil. 3:19 & 4:8-9, Pred. 2:24
-
Pastoraal: Angs en Vrees - Hoe help ek?
22/06/2021 Duration: 59minPastoraal: Angs en Vrees - Hoe help ek? Hoofpunte: 1) Hoe identifiseer ek angs in myself en in ander? 2) Hoe kan die kerk mense help? 3) Hoe spreek ek angs aan? 4) Hoe kan ek die Woord van God gebruik tydens angs? 03:46 Hoe identifiseer ek angs? 14:14 Hoe kan die kerk mense help? 21:58 Die Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie 22:41 Hoe spreek ek angs aan? (Fil 4 en Psalm 3) 30:05 Hoe kan ek die Woord van God gebruik tydens angs? 52:32 Die Here se algemene genade en openbaring
-
Pastoraal: Angs en Vrees
15/06/2021 Duration: 47minOpsomming: 02:17 Wat is angs en vrees en hoe lyk dit? 16:00 Wat is die Bybel se antwoord? Matt 6:25-34 en Fil 4:6 22:50-23:21 Die Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie. 23:24 Hoe moet ons angs en vrees hanteer? 31:38 Bekommernis - redes vir verkeerde hartsgesindheid. 35:34 Praktiese raad/toepassing van Bybelse beginsels. 38:58 Identifiseer die vyand en die leuen.
-
PEPUDA: Voorgestelde wetgewing en godsdiensvryheid
08/06/2021 Duration: 51minVoorgestelde PEPUDA wetgewng en godsdiensvryheid Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jonker Venter, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer 01:14 Promotion of equality and prevention of unfair discrimination. 02:34 Wat is die PEPUDA konsep wetgewing? 25:45 Wat moet christene en die kerk nou doen? 39:50 Hoe dra gelowiges hierdie soort vervolging?
-
Mei in Perspektief
01/06/2021 Duration: 37minMei in Perspektief 01:48 Nagwaak vir Jacob Zuma. 07:00 Polities-teologiese beskouing. 10:55 Waarskuwing aan leiers (Jesaja 5:20). 12:22 Kerk en staat moet geskei wees. 16:21 Toenemende korrupsie in die ANC - wat is ons hoop en behoud? 17:27 God sal die perfekte oordeel fel - vergeldingsteologie (Ps 7:16). 20:30 Vertrou op die Here (Ps 37). 21:15 Ons het ‘ n roeping hier (1 Kor 17). 22:37 Konflik tussen Israel en Palestina. 24:00 Eindtye - hoe moet ons Israel sien? 29:00 Redding kom slegs deur Jesus Christus (Matt 24:13-14). 33:08 Kerk moet aan die Here onderwerp - Tweede bede van die Onse Vader (Sondag 48 van Heidelbergse Kategismes).
-
Wat is die Evangelie?
24/05/2021 Duration: 01h08min00:00 Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee 02:50 Wat is die evangelie? (1 Kor 15, Gal 1:8-9) 12:22 Die slegte nuus - sondeval. (Genesis, Ef 2) 19:09 Ons kan onsself nie red nie. 28:12 Wat is die barmhartigheid van God? (Rom 3:21) 37:20 Hoe word ek regverdig voor God? 39:19 Wat is die rede waarom God my uit die dood opgewek het? (2 Kor 5:21) 45:35 Jesus se kruisiging het versoening tussen mens en God gebring. 48:04 Geloof (gawe van God) is die kanaal waardeur ons gered word. 48:59 Opdrag: glo die goeie nuus dat Jesus jou sonde op die kruis betaal het. 51:40 Waarvoor het God ons kom red? (Rom 6) 56:00 Wat is die implikasies van die evangelie? 59:49 Hoe lyk die dankbaarheidslewe van die gelowige? (1 Kor 2) "As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!" (Gal 1:9)
-
Ampte: Die Amp van Predikant
11/05/2021 Duration: 58min00:00 Ampte: Die Amp van Predikant 03:04 Is predikante afsonderlik/los van die ander ampte, of leerende ouderlinge, mede-ouderlinge, herders en leraars? 13:31 Wat is die kwalifikasies en karakter van 'n predikant? 36:38 Wat is 'n preek, en woordverkondiging? 50:46 Hoe lyk die praktiese die bediening van 'n predikant in 'n gemeente?
-
Ampte: Die amp van Ouderling
27/04/2021 Duration: 53minAs God 'n man roep om 'n ouderling te wees, sal Hy hom ook toerus om die werk te doen. Die roeping van die ouderling sal hom dryf om soos 'n herder sy lewe af te lê vir die skape (Johannes 10:11). Ouderlinge is voorbeelde vir die kudde, en ons lees in 1 Pet 5 hoe die opsiener/ouderling se hart moet lyk en hoe hy die kerk as kudde behoort te dien. Ouderlinge moet die waarheid verdedig (Handelinge 20:27), en 'n ouderling se wapen is die woord (2 Tim 3:16-17). In die lig van 1 Timoteus 3:1-7 is 'n ouderling 'n christenman met 'n karakter bo verdenking, en hy staan in diens van en onder die leiding van die Heilige Gees (Handelinge 1:8). Die werk van die ouderling is 'n uiters verantwoordelike taak, en moet geensins ligtelik opgeneem word nie. "My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word" (Jak 3:1). Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer. Opsomming: 00:00 Ampte reeks: Amp van Ouderling 02:08 Wann
-
Luisteraarsvrae: Hoe beskerm ek my kind teen pornografie?
20/04/2021 Duration: 34minPornografie is die sonde van ons tyd waaroor niemand praat nie. In hierdie episode hanteer Jonker Venter en Marnix Boersema 'n baie ongemaklike kwessie naamlik pornografie of onsedelikheid. Pornea is die breë term in die Bybel wat alle seksuele onsedelikheid, met ander woorde onbybelse, onreine en onvanpaste seksuele gedrag, as sonde uitwys. Pornografie en onsedelikheid floreer in die geheim, en dit verwelk as dit oopgemaak en belei word. Die evangelie is die beginpunt. 01:00 Hoe beskerm mens jou kinders/tieners teen pornografie? 03:20 Waar begin 'n mens? Romeine 1 verwys na die mense se sondige hart. 12:33 Rig jou kind af, wees self die mentor. 1 Kor 6:18 Leer dat pornografie sonde is. 17:24 Moedig openlike gesprekke en sondebeleidenis aan. 18:00 Praat met kinders oor seksualiteit en onsedelikheid. 19:31 Die evangelie bring bevryding van alle sonde, maar daar moet bekering kom. 22:01 Deel van 'n ouer se taak is om godsvrees vir sy kinders te leer. 23:12 Leer die ernstige gevolge van pornea/hoerery. 25:46 Pra
-
Ampte: Amp van Diaken
13/04/2021 Duration: 43min00:00 Amp van Diaken 01:39 Wat is 'n diaken? Definisie - dienskneg in die kerk (Hand. 6) 13:09 Wat is die kwalifikasies van 'n diaken? (1 Tim. 3:8-13) 18:33 Wat is die rol en werk van 'n diaken? (Hand. 2:44,45; 4:32-37; 5:2; 6:1; 11:29-30) 27:00 Hoe kan die kerk bybelse diakens oplei? (2 Tim. 2:2) 32:30 Verhouding tussen diakens en ouderlinge (Hand. 6:1-6; Hand. 20; Heb. 13:7-17). 38:20 Verhouding tussen diakens en kerk.
-
Perspektief: Maart 2021
06/04/2021 Duration: 41min00:00 Perspektief: Maart 2021 02:07 Begrafnisse vir ongebore babas 11:25 Inentingspaspoorte 20:52 Die aanvalle in Mosambiek