Synopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodes
-
Luisteraarsvraag - Hoe is gelowiges in die Ou Testament gered?
15/02/2022 Duration: 47minLuisteraarsvraag - Hoe is gelowiges in die Ou Testament gered? Was gelowiges van die ou testament ook gered? Kon hulle ook die hemel sien? Wat en waar is die hel en die hemel in die ou en nuwe testament, en is hulle almal dieselfde? Maar steeds meer belangrik: waar gaan gelowiges as hulle sterf, en waar is Jesus nou? "Ek is die God van Abraham, Isak en Jacob….alle gelowiges van alle tye word slegs geregverdig deur die geloof in Jesus Christus alleen. 02:10 Kon gelowiges hemel toe gaan voor Christus se kruisiging? 09:18 Hoe interpreteer en verstaan ons die teks in Lukas 16:19-31? 15:39 Gelowiges van alle tye is/word deur Christus gered 20:40 Hoe het ou testamentiese mense hul redding gesien? 22:00 Waarheen gaan ongelowiges na afsterwe? 40:08 Sentrale gereformeerde beleidenis - verheerlikte liggame met die wederkoms 44:00 God se beloftes staan vas vir Sy volk Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jonker Venter Skrifverwysings: Lukas 16:19-31 & Lukas 23:43, Handelinge 4:12, Hebre
-
Dissipelskap: Doop en dissipelskap
08/02/2022 Duration: 41minDie gereformeerde formulier vir die bediening van die heilige doop aan kinders sê: "Die heilige doop betuig en verseël AAN ons die afwassing van die sondes deur Jesus Christus. " Christen ouers doop hul kinders uit die besef van sonde en uit gehoorsaamheid aan ons dissipelskap opdrag teenoor alle mense en teenoor ons kinders. Ons doop hulle ook uit dankbaarheid vir die genade van vergifnis van sonde en belofte van redding wat God aan ons kinders betoon - en ons kan nie anders as om die opdrag om ons kinders te laat doop te eer en dit voort te sit in die generasies wat na ons volg nie. Dissipels van Jesus dissipel ook hul kinders en voed hulle op in die vrees en in die weë van die Here, sodat hulle ook weer die geloof in God in hul eie lewe kan voortsit. En die formulier lees verder: "Want as ons in die naam van die Vader gedoop word, betuig en verseël die Vader aan ons dat Hy 'n ewige genadeverbond met ons oprig, ons tot Sy kinders en erfgename aanneem, en ons daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle k
-
Perspektief: Januarie 2022
01/02/2022 Duration: 46minIn die eerste perspektief episode van 2022, gesels die Scriptura span oor drie nuusgebeure van die afgelope maand naamlik die onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk, 'n vark se hart wat oorgeplant is in 'n mens, en die normalisering van pedofilie. 00:44 Onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk 20:15 Varkhart oorplanting 31:09 Normalisering en goedpraat van pedofilie Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn
-
Dissipelskap - die koste van dissipelskap
25/01/2022 Duration: 36minDissipelskap Episode 3 - Die koste van dissipelskap Jesus sê in Mattheus 16:24 vir Sy dissipels "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind." JC Ryle: "A little formal church-going, and a decent attendance at a place of worship, can never be the Christianity of which Christ speaks in this place. Where is our self-denial? Where is our daily carrying of the cross? Where is our following of Christ? Without a religion of this kind we shall never be saved. A crucified Savior will never be content to have a self-pleasing, self-indulging, worldly-minded people. No self-denial—no real grace! No cross — no crown!" 00:00 Episode 3 Dissipelskap 00:40 Die koste van dissipelskap 01:57 Basis en waarskuwing van Mattheus 16:24 02:53 Wat is goedkoop dissipelskap? 04:20 Hoe moet die kerk dissipelskap benader? 06:15 Standaarde van dissipelskap in die vroeë kerk 07:18 Wat is di
-
Dissipelskap: Waar maak ons dissipels?
18/01/2022 Duration: 41minDissipelskap 2: Waar maak ons dissipels? Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn en Jan-Louis Lee Waar maak ons dissipels? Oral, altyd en enige tyd, maar veral in ons daaglikse lewe en wandel, en as ons slaap en as ons opstaan, in ons huise en in ons kerke. Maar terwyl dissipelskap vloei uit die oortuiging en die geloof in die evangelie, is dit ook sinoniem met sending. Ons hoop is op Christus en ons kan nie anders as om dit wyd en suid te deel met almal, naby en ver nie. 00:00 Waar maak ons dissipels? 01:46 Van waar af word ons gestuur? 05:38 Verbond en opdrag van ons Vader 09:35 Getuig oral en altyd 11:45 Almal is dissipelmakers 18:15 Waarheen word ons gestuur? 23:20 Gereformeerde teologie is sendinggerig 25:00 Plaaslike gemeenskap 27:00 Praktiese geleenthede 30:45 Vul jouself met die liefde van die evangelie 31:18 Nasorg en mentorskap 33:02 Begin by daaglikse lewe en werk 34:45 Verband tussen dissipelskap, sending en evangelisasie 37:00 Toerusting 39:44 Nooi mense kerk toe Skakel na
-
Wat is dissipelskap?
10/01/2022 Duration: 46minIn Markus 10:17-21 vra die ryk jong man vir Jesus, "Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?" En Jesus antwoord, "... neem die kruis op en volg My ..." In Johannes 6:68 antwoord Simon Petrus Jesus nadat Hy vir Sy dissipels vra of hulle ook liewer wil tou opgooi en weggaan: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe." En dan, "Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is," leer Paulus in 1 Korinthiërs 11:1. Al hierdie skrifgedeeltes maak dit baie duidelik dat die christelike lewe nie apart staan van dissipelskap nie, en dat dit elke gelowige se lewenstaak is om die evangelie te deurlopend te leef en te deel. 00:00 Dissipelskap 1 - Wat is dissipelskap? 04:09 Definisie en konteks 08:00 Christen of dissipel - is daar 'n verskil? 11:50 Dieper as dissiplines en dogma 13:28 Liefde vir Christus = hart van dissipelskap 18:00 Wat is die standaard? 21:35 Dissipels luister, leer en gehoorsaam 21:43 Dissipels ontvang korreksie 25:52 Ondersteun mekaar 26:37 Dissipels verwe
-
Kersfees - die Woord het vlees geword
21/12/2021 Duration: 36minRC Sproul … (boek: Who is Jesus?) "Unfortunately, most ideas about Christ's identity today, are born of empty speculation, or created to squeeze into a philosopher's pattern rather than drawn from scripture. The Christ that are born this way, simply won't do. A recycled Christ, a Christ of compromise, or an imaginary Christ can redeem no one. A Christ who is watered down, stripped of power, debased of glory, reduced to a symbol, or made impotent by scholarly surgery is not Christ but anti-Christ. Because to supplement the real Christ with a substitute is to work against Christ. To change or distort the real Christ is to oppose Him with a false Christ. To be redeemed and to have assurance of our salvation, we must rid ourselves of these imitations. We need Christ, the real Christ." Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marmix Boersema, Jonker Venter, Jaco de Beer 00:40 Kersfees - Jesus, die lig, het na die wêreld gekom (Joh 1:1-14) 03:54 Jesus het gekom om van die waarheid te getuig (Joh 18:37) 06:00 Post-modernisme
-
2021 in Perspektief
14/12/2021 Duration: 52minScriptura kyk terug oor drie groot kwessies en gebeure wat die christelike geloofsgemeenskap regoor die wêreld erg uitgedaag het hierdie jaar. Transgender agenda en die geslagskwessies, covid regulasies van die regering vir eredienste, en dan die geweldige vrees vir die dood wat posgevat het, of ontbloot is, as gevolg van die pandemie. Jesus het in Mattheus 10:28 gesê: "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel." Lê daarom liewer jou lewe af vir Christus en vir die koninkryk van God. Aanbid en verheerlik Hom, ons Skepper God, bo alles. Hy wat die dood reeds oorwin het en alle mag oor alles het. Hy wat ons vrygekoop het van sonde en dood, sodat ons nie aan die verganklike kort lewe en ons misleidende hartsbegeertes uitgelewer is nie, maar 'n vaste hoop op die ewige lewe kan hê. 00:00 2021 in Perspektief 01:25 "Transgender" agenda en die geslagskwessies 07:20 God se skepping - man en vrou
-
Wat sê die Vers? Mattheus 7:1
07/12/2021 Duration: 28minWat sê die Vers? Mattheus 7:1 00:00 Episode 5 00:42 Reeks: Wat sê die vers? Mat 7:1 04:00 Mattheus 7:1-6 05:00 Hoe gebruik mense die vers verkeerd? 10:00 Wat beteken hierdie oordeel? 12:00 Kritiese ondersoek 15:00 Standaard op almal van toepassing 17:10 Mag ons enigiemand oordeel? 19:00 Beoordeel en toets die vrugte 20:18 Praktyd - wat is die waarheid? 23:15 Hoe moet ons reg oordeel? 24:40 Wat is die motivering van die oordeel? 25:35 Ouderling, die Here stuur jou 26:16 Oogmerk is herstel Aanbieders: Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn
-
Perspektief: November 2021
30/11/2021 Duration: 42minPerspektief: November 2021 Aanbieders: Jonker Venter, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer 00:00 November in perspektief 00:43 Tema 1 - Oud-president FW de Klerk se boodskap voor sy afsterwe 01:08 Tema 2 - Metaverse 01:40 Reaksie op De Klerk se boodskap 06:28 Harte is ontbloot... 09:49 Negende gebod 11:04 Daar is 'n groter prentjie... God regeer soewerein 12:00 Sosiale media impak 14:40 Objektiewe waarheid 17:55 Kansellasie kultuur 18:33 Wandel in wysheid - lig en sout 20:55 Artikel 36 - Nederlandse Geloofsbelydenis 22:33 Metaverse 26:30 Virtuele wêreld post-covid 29:19 Eindtye - stad van Babilon 30:50 Wetgewing uitdaging 32:00 Uitdaging vir die kerk 33:52 Virtuele "eredienste" bedreig onderlinge verbintenis 36:20 Isolasie impakteer geestesgesondheid 37:45 Gevare van gebrek aan verhoudings 39:55 Ouers moet grense bepaal vir jonger generasies Skrifverwysings: Kol 4, Matt 5:13-16, 2 Kor 3, Openbaring, 1 Kor 12
-
Wat sê die Vers? Fil 4:13
23/11/2021 Duration: 30minFilippense 4 as hoofstuk het niks met ons fisiese vermoë te doen nie, maar wys eintlik na die nabyheid en teenwoordigheid van God in al ons omstandighede. God is die een wat ons in staat stel om Hom te verheerlik, en die krag lê nie in onsself om dinge te vermag omdat ons glo nie. 00:00 Wat sê die Vers episode 4 - Filippense 4:13 01:25 Filippense 4:10-18 05:30 Breë konteks van Filippense 10:00 Implikasie van vers 8 - rig julle gedagtes ... 11:13 Wat is die teendeel? 12:24 Klem op gebed 13:35 Waarna verwys 'krag' in vers 13? 15:55 Paulus het swaar gekry 16:26 Wie stel my in staat? 16:58 Vers 12 - onderrig in vergenoegdheid 19:07 God lig die las van ons skouers af 21:22 Hoe moet ons Fil 4:13 verstaan? 23:02 Heidelbergse kategismes Sondag 10: die voorsienigheid van God 25:03 Fil 4:7 ... in Christus Jesus 26:07 Heidelbergse kategismes Sondag 1: jou enigste troos in lewe en sterwe 28:45 Vers 14 - ons het mekaar nodig Teksverwysings Ps 23:4, 2 Kor 1:8, Ps 18:30, Heidelbergse kategismes Sondag 1 en 10
-
Wat sê die Vers? Jeremia 29:11
16/11/2021 Duration: 32minWat sê die Vers? Jeremia 29:11 Wat het Jeremia 29:11 werklik vir Israel beteken in daardie tyd en in hulle konteks en situasie? Die verbondsvolk was ongehoorsaam aan God, en Hy het hulle weggevoer en in ballingskap geplaas in Babel. Die Here was besig om Israel te tugtig as gevolg van hul sonde, en dit het swaar gegaan met die volk. Jeremia het 'n brief geskryf om aan hulle die pragtige, kosbare belofte te gee dat indien hulle gehoorsaam sal word en God sal dien, hulle wel 'n hoopvolle toekoms sou beërf. Die teks kan nie op sy eie gelees word nie, en word vandag dikwels buite konteks misbruik vir eie gewin. Die ware boodskap lê in die konteks en raamwerk van die hele boek. Israel se toekomstige welvaart het nie betrekking op ons eie persoonlike rykdom of welvaart van vandag nie. Die teks mag nie misbruik word as 'n soort "voorspelling" dat God ons net altyd materialisties gaan seën nie, want God heers soewerein oor ons swaarkry ook. Dit voorspel nie vir ons elkeen aardse welvaart of voorspoed nie, maar verwy
-
Luisteraarsvraag: Is dit moontlik om te vergewe sonder om te versoen?
08/11/2021 Duration: 38min00:00 Luisteraarsvraag: Is dit moontlik om te vergewe sonder om te versoen? 00:40 Luisteraarsvraag: vergifnis en versoening 01:24 Is dit moontlik om iemand te vergewe, sonder om te versoen? 02:00 Wat is vergifnis? 03:03 Voorwaardelike en onvoorwaardelike vergifnis? 12:23 Onvergifnis en verbittering 15:57 Vergifnis is soms 'n proses 17:38 Versoening is nie gelyk aan vergifnis nie 19:16 Ware versoening kan net plaasvind in 'n verhouding met Christus 22:55 Vergifnis vereis nie ander party se verandering nie 26:26 Paulus en Barnabas skei ter wille van die evangelie 31:55 Beskou konteks van situasie 34:50 Neem op jou kruis en verloon jouself 36:40 Moenie 'n wrok koester nie Skrifverwysings: Mark 11:25, Luk 17:1-6, Matt 6:9-15, Matt 18:21-22, Spr 22:3, Hand 15:35-39, Ef 4, 1 Kor 6 Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer
-
Perspektief: Oktober 2021
02/11/2021 Duration: 45minAanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter 00:00 Oktober in Perspektief 2021 04:00 Heinz-Winckler transgender debakel 22:42 Grondwet hofsaak: 26-week fetusse mediese afval of nie? 32:25 Steven Furtick - Jesus maak jou die beste "jy" Skrifverwysings: Psalm 119, Romeine 1, Mattheus 5, Esegiël 36:25,26 Verwante artikels en episodes: http://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/ http://www.scriptura.co.za/2020/07/n-dopper-moet-sy-bybel-lees/ http://www.scriptura.co.za/2019/02/perspektief-januarie-2019/ http://www.scriptura.co.za/2019/06/perspektief-mei-2019/ http://www.scriptura.co.za/2021/04/perspektief-maart-2021/
-
Wat sê die Vers? Openbaring 3:20
22/10/2021 Duration: 34minOpenbaring 3:20 word dikwels verkeerdlik aangehaal, gepreek en verstaan. In hierdie teksvers roep Hy egter die kerk van Laodicéa op om te bekeer van hul louheid en sonde. 02:24 Algemene wanbegrip en misinterpretasie 06:09 Konteks van die boek 13:54 Brief is geskryf vir ‘n geredde verbondsgemeenskap 21:30 Begronding – vers 19 oproep tot bekering 23:55 Historiese agtergrond van bruilofsmaal tussen Christus en sy bruid 26:04 Heiligmaking is ‘n proses van daaglikse bekering waarby Christene aktief betrokke is 29:50 Slaggate oor besluitneming Aanbieders: Jonker Venter, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee
-
Wat sê die Vers 1 - Mattheus 18:20
19/10/2021 Duration: 28minScriptura se nuwe reeks handel oor skrifgedeeltes of Bybeltekste wat verkeerdelik of buite die ware konteks aangehaal en verstaan word. Die eerste episode fokus op die presiese betekenis en doel van Mattheus 18:20. 00:00 Wat sê die Vers 1: Mattheus 18:20 00:39 Nuwe reeks 03:47 Mattheus 18:20 …want waar twee of drie in My naam byeen is, daar is Ek in hul midde." 04:20 Wat is die algemene begrip oor die vers? 11:00 Christene wat in die algemeen byeen kom, is nie dieselfde as erediens nie. 11:35 Wat is die konteks? 12:38 Konteks lê in vers 15-20 (2020 Vertaling) 13:42 Kerklike tug en kerkdissipline is die ware tema 16:42 Vers 15-17 gee agtergrond van kerklike tug 22:07 As 2 of 3, dit wil sê die ouderlinge, saamstem oor ‘n tugsaak en ‘n besluit neem, is dit bindend 24:33 Kwalifikasie – daaglikse lewe is nie erediens nie 25:19 Ps 121 Pelgrimslied – die Here is altyd by ons 26:34 Ons word opgeroep na die erediens in Ps 122:1 “Kom ons gaan na die huis van die Here….” Aanbieders: Jaco de Beer, Gerh
-
Perspektief: September 2021
28/09/2021 Duration: 43minIn hierdie Perspektief episode gesels Gerhard van Rhyn en Jonker Venter oor 3 onderwerpe naamlik die stryd teen dwaalleer in kerk, en dolering (treur), die nuwe voorgenome haatspraak en haatspraakmisdaad wetgewing, en laastens die positiewe nuwe aborsiewetgewing in Texas, Amerika. 00:26 September 2021 in Perspektief 01:44 Stryd teen dwaalleer in kerk, en dolering 04:44 Gereformeerde kerk interpreteer die skrif grammaties-histories 06:16 Kern van boodskap is nie los van oorsprong van teks nie 08:10 Dolering - hartseer oproep tot bekering 09:00 Wesenlike stryd in die kerk - Wat is die Bybel? 14:35 Artikel 29 van Nederlandse Geloofsbelydenis oor dwaalleer 17:58 Nuwe voorgenome haatspraak en haatspraakmisdaad wetgewing 19:35 Hoe word bepaal of haat aangeblaas is en haatspraak plaasgevind het? 20:52 Staaf jou teen vervolging 23:00 Moenie jou naaste afbreek nie 28:35 Wetgewing is om die slegte te straf 31:49 Nuwe aborsiewetgewing in Texas Skrifverwysings: Artikel 29 van Nederlandse Geloofsbelydenis oor dwaalleer.
-
Pastoraal: Kinders en Trauma
21/09/2021 Duration: 47minIn hierdie episode gesels Scriptura oor kinders en trauma, en meer spesifiek oor hoe om dit te benader, te hanteer en kinders te ondersteun wanneer hulle trauma ervaar. 00:00 Scriptura inleiding 01:27 Kinders en trauma 13:54 Voorsorg. 21:00 God troos deur Christus. 27:19 Luister met geduld en verdraagsaamheid. 34:28 Ondersteun jou kind in trauma. 36:35 Bring jou kind na Christus toe. 39:37 Leemte in gereformeerde kinderberading. 40:36 Hanteer troos met die oog op die ewige. Skrifaanhalings: Huweliksformulier, Deut 6, Ef 5, Kol 3:21, 2 Tim 2-3, Jakobus 3, Hebreërs 11:36-40. Ander episodes oor trauma: http://www.scriptura.co.za/2018/02/isolasie-en-geheimhouding-na-trauma/ http://www.scriptura.co.za/2021/06/pastoraal-angs-en-vrees/ http://www.scriptura.co.za/2020/09/luisteraarsvraag-waar-is-god-as-die-boosheid-skynbaar-seevier/
-
Pastoraal: Sosiale Aanvaarding
14/09/2021 Duration: 40minOns wil graag aanvaar word in 'n sosiale groep, en deel wees van 'n groep mense, en as Christen is dit soms moeilik om te onderskei watter groepe belangrik is en hoe om ons behoefte aan aanvaarding te bestuur. 00:00 Pastoraal: Sosiale aanvaarding 02:10 Sosiale aanvaarding 04:04 Identiteit en menswaardigheid - die uitdagings. 10:53 Kollektiewe identiteit 14:11 Hoe bestuur ek my behoefte om in te pas? 16:11 Selfwaarde: Waar vind die Christen sy waarde? 22:48 Wat is jou identiteit? 24:48 Individuele waarde en groepswaarde 27:35 Die kerk 30:20 Wat bring ek in die groep in? 33:00 As die groep jou verwerp....hoort jy daar? 36:04 Soek jy die eer van mense bo die eer van God?
-
Luisteraarsvrae: God se Soewereiniteit
07/09/2021 Duration: 51min00:00 Luisteraarsvrae: God se Soewereiniteit 03:07 Opsomming04:21 Vraag 1: Soewereiniteit: Is God die oorsaak van sonde en boosheid, en wat is die gereformeerde Christen se verantwoordelikheid?35:28 Vraag 2: Dood van ‘n geliefde: hoe verstaan ons dood en moord? 48:28 Vraag 3: Het God die mens voorbeskik tot die hel? Psalm 8 Skrifgedeeltes: Efesiërs 1, 4, 5, 11, Psalm 135, Psalm 8, Jesaja, Romeine 1, Psalm 116:15, Handelinge 12, 1 Petrus 1, Jakobus 1, Handelinge 17, Filippense 1, 1 Korintiërs 15:54, Hebreërs 4. Ander bronne: Artikel 14 van Nederlandse Geloofsbeleidenis Dordtse leerreëls: hoofstuk 1Gereformeerde beleidenisskrifte Ander episodes:http://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvraag-glo-ons-die-mens-het-n-vrye-wil/ http://www.scriptura.co.za/2020/01/wie-is-god-god-is-soewerein/ Aanbieders: Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn