Synopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodes
-
Ons hoop in Christus: Die Here is by jou en hoor jou gebede
19/07/2022 Duration: 39minDie gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God 'n vaste anker en 'n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur ons christenreis op aarde die worstelstryd moet stry teen sonde en boosheid. Wees verseker; God is koning vir ewig en vir altyd, en Hy sal geregtigheid laat seëvier op Sy soewereine tyd.
-
Ons hoop in Christus: Die Here is 'n rots in ons lewensstorms
12/07/2022 Duration: 34minDie Here is ons Rots en veilige vesting by wie ons altyd kan skuil in alle omstandighede, maar ook in die storms van ons lewe, want Hy is getrou. Psalm 61 is 'n klaaglied van David waarin hy die Here smeek om Hom te lei en te beskerm terwyl hy in nood verkeer, wegkruip en vlug vir sy vyande. Ons mag uitroep na God in ons vrees en benoudheid net soos David, en God gee ons die beskerming wat Hy regdeur Sy woord aan ons belowe. Mag ons dan ook tot die Here sing, en God vereer vir Sy goedheid dag na dag.
-
Roe v. Wade aborsie wetgewing omgekeer
05/07/2022 Duration: 22minDie aborsie hofsaak van 1973 van Roe versus Wade is deur die hofsaak van Dobs versus Jackson omgekeer, en die Amerikaanse state sal nou self oor die afkeur of toestaan van aborsies moet beslis. Goeie nuus is wel dat aborsie van 'n gesonde baba na 15 weke dus nou weer onwettig is in Amerika. So wat is ons rol as Christene in die samelewing ten opsigte van hierdie sake? Hoe kan die kerk standpunt inneem en grond wen vir die koninkryk van God? Wat kan christene in Suid-Afrika doen om die sonde van aborsie teen te staan? Ons oorwinning lê in die woord van ons getuienis en in die bloed van die Lam … soos vir ons opgeteken in Openbaring 12:11.
-
Perspektief: Junie 2022
27/06/2022 Duration: 44minScriptura gesels in Junie 2022 se perspektief opname oor twee onderwerpe. Eerstens, die Covid-19 inperkings en maatreëls wat nou weggeneem is, en dan die godslasterlike transgender revolusie wat chaos op alle vlakke van die samelewing veroorsaak.
-
Ons hoop in Christus: Die teenwoordigheid van die Here
21/06/2022 Duration: 27minOns hoop is in Christus en in hierdie episode kyk Scriptura na die teenwoordigheid van die Here. Die Here is vir ons 'n wegkruipplek, die Here loop vir ons voor en lei ons, en die Here bring verlossing deur Sy teenwoordigheid. Die Psalms is vol van hoop en verwagting op die redding van die Here, en Hy stel nooit teleur nie. Psalm 42 en Psalm 43 loop saam, en laasgenoemde se opskrif lui "Hoop op God!" En vers 2 gee die rotsvaste rede, "want U is die God van my toevlug….". In die gebed roep die psalmdigter uit na God om in te gryp in sy donker toestand. God is naby en kragtig, en die digter vertrou dat alles van God afhang. En dan konfronteer hy weer sy eie siel om op God te hoop, "want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!" Hy plaas sy vertroue op God, op wie ons mag hoop en na wie ons kan opkyk, in alle lewensomstandighede. Immannuel - God met ons. Sy beloftes en teenwoordigheid is vas, en Hy red Sy kinders tot eer van Sy naam en Sy koninkryk.
-
Ons hoop in Christus: die soewereiniteit van God
07/06/2022 Duration: 38min00:39 Ons hoop in Christus Romeine 8:28-39 03:37 God se soewereine raad en God se onveranderlike liefde 06:52 Raadsplan/soewereiniteit van God 09:41 Uitdaging van seerkry 11:47 Soewereiniteit strek tot voor ons redding 18:29 Beproewings en heiligmaking 24:30 God se onveranderlike liefde is ons vaste versekering 28:55 Ten spyte van ons sonde offer God sy Seun 30:10 Meer as oorwinnaars 33:10 Heilige Gees tree vir ons in by God Skrifverwysings: Job, 1 Kor 15, Jak 2, Heb 12, Heb 4, Joh 14-16
-
Perspektief: Mei 2022
31/05/2022 Duration: 50minScriptura bespreek drie nuusgebeure wat skerp reaksie uitgelok het die afgelope maand vanuit 'n christelike perspektief: 'n blanke student wat op 'n swart student se besittings urineer het op die Stellenbosch kampus, die naam van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl kom in gedrang, en laastens die massamoord by 'n laerskool in Texas. Aanbieders: Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn 00:00 Perspektief Mei 2022 03:10 President Ramaphosa se brief 03:35 Student beskadig eiendom 12:30 Sonde probleem 16:05 Vergifnis van God 18:48 Afrikaanse Taalmonument 23:00 Waaraan hou ons die styfste vas? 33:47 Massa-moord by Texas laerskool 42:10 Goddelose wereld 48:40 Kerk se roepingstaak Skrifverwysings: Hand 17, Ef 2:11-22, Joh 17, Joh 10, Rom 1, Skakels: Todd Friel/Wretched Radio: https://youtu.be/PJg3DGBfrw4
-
Ons hoop in Christus - Ons ware hoop en troos
24/05/2022 Duration: 43min"Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”" Openbaring 21:4-5 00:40 Ons het ware hoop en troos 04:50 Wat beteken dit om geregverdig te wees? 14:18 Wat is die begin van ons troos? 19:15 Kan ons bly wees in ons verdrukking? 22:55 Wat is lydsaamheid? 31:15 Hoe troos die kruis ons? 35:00 Kruis gee ewige verlossing 38:45 Geregverdig deur die geloof 41:27 Die voleinding van ons troos Skrifverwysings: Rom 5:1-10, Hand 13, Heb 12, Rom 8, II Kor 4 en 5, Ef 1, Petrus, Op 21:4
-
Ons hoop in Christus - Ons lewende hoop en blydskap
17/05/2022 Duration: 47minOns het 'n lewende hoop, want ons is saam met Christus opgewek. Ons het 'n erfenis wat nie vergaan nie, en ons word bewaar. En ons kan ook in blydskap leef, want ons swaarkry is sinvol en ons is reeds verlos. 00:00 Ons hoop in Christus 04:32 Ons lewende hoop 26:55 Ons blydskap 44:00 Lewendige hoop Skrifverwysings: 1 Pet 1:1-9, Matt 6, Heb 11:13, 1 Kor 15, Ps 23, 1 Tess 4, Joh 14, Dortse leerreëls hs 5 par 9-10, 2 Pet Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer
-
Ons hoop in Christus: Die Here gee wysheid wanneer ons beproef word
10/05/2022 Duration: 37min00:00 Die Here gee wysheid wanneer ons beproef word01:50 Jakobus 1:1-803:15 Versoekings en beproewings is deel van die lewe06:00 Alle versoekings is ook beproewings10:41 Wees bly oor versoekings/beproewings16:18 Beproewing bewerk lydsaamheid22:52 Goddelike wysheid / perspektief / insig / onderskeiding30:36 Bid gelowig vir wysheid35:47 Troos van die Here Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer
-
Perspektief: April 2022
03/05/2022 Duration: 35minScriptura bespreek Disney se jare lange veldtog om sexuele verwarring en sonde te normaliseer. Hul LGTBQ agenda is onthul en bevestig dat hulle die leuen ondersteun en bevorder, ten koste van die siele van ons kinders. Wat staan ouers te doen? Verder kyk Scriptura na die transaksie waarin Elon Musk die sosiale media platvorm, Twitter, koop. Hy wil dit transformeer om totale onbeperkte vryheid van spraak te bevorder. Wat hou vryheid van spraak vir die christen in, en wat is die moontlike slaggate? 00:00 Perspektief April 2022 01:20 Florida stop seksuele onderrig vir kinders onder 10 03:00 Disney erken LGTBQ agenda openlik 11:38 Vermaak wat God verafsku 22:10 Heers oor jou slimfoon, tegnologie en TV 23:30 Elon Musk koop Twitter 27:00 Wat is vryheid van spraak vir die christen? 31:45 Wysheid oor vryheid van spraak Skrifverwysings: Kol 2:1-4, Ps 19, Ef 4 Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Jonker Venter
-
Ons hoop in Christus - Ons hemelse seëninge
26/04/2022 Duration: 47minWat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Efesiërs 1:3-14 bevestig vir ons dat ons hoop in Christus vas staan, maar ook dat al die geestelike seëninge vir ons gegee is. 00:00 Ons hoop in Christus 02:50 Efesiërs 1:3-14 geestelike seëninge 15:15 God het ons begenadig in Christus 23:30 In Christus het ons die verlossing deur Sy bloed 37:57 Toebedeel met ‘n erfdeel en beseël 43:00 Wat is ons sekerheid? 45:49 Ons behoort aan die Here Skrifverwysings: Ef 1:3-14, Matt 6, Heidelbergse Kategismus Sondag 1, Fil 1:6, Deut 7:6, Jes 40:1-3, Rom 6, Kol 2, Joh 15, Ps 43, Matt 7, 1 Kor 12:9, Rom 5. Aanbieders: Jonker Venter, Jaco de Beer
-
Die Erediens - Gereformeerde aanbidding en sakramente
19/04/2022 Duration: 50minVolgens die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 33, is die sakramente vir ons ingestel om God se beloftes aan ons te beseël, en om as tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te dien. Dit moet ons geloof voed en in stand hou. Die doop en nagmaal is sigbare tekens en seëls van 'n inwendige en onsigbare saak: God werk daardeur in ons met die krag van sy Gees. Die tekens is van God af en die inhoud is belangrik, en sonder om te mislei, is hulle waarheid geleë in Jesus Christus, sonder wie die sakrament heeltemal betekenisloos is. 00:40 Die enigste twee sakramente - doop en nagmaal04:51 Wanneer het die sakramente werklik begin?12:54 Hoe moet die sakramente bedien word?15:30 Manier en middel word deur God bepaal17:40 Voorbereiding vir nagmaal21:13 Gevaarpunte - OORvergeesteliking en verbondsoutomatisme24:50 Duidelike riglyne vir nagmaal29:00 Praktiese toepassing34:25 Verbondsgemeenskap ontvang sakramente saam in geestelike eenheid37:21 Wie mag sakramente bedien?44:00 Nederlandse geloofsbeleiden
-
Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke?
12/04/2022 Duration: 30minLuisteraarsvraag: Selfhelpboeke? “Visit many good books, but live in the Bible.” Charles H. Spurgeon 01:30 Vraag: Wat is die Bybelse perspektief op selfhelpboeke? 03:15 Wat is selfhelpboeke? 10:06 Hoe verstaan ons heiligmaking? 11:44 Hoekom is daar 'n toename in gewildheid van selfhelpboeke? 15:05 Sekulêre selfhelpboeke en christelike selfhelpboeke 17:57 Is daar 'n leemte in die kerk, prediking en praktiese applikasie 25:15 Wat is die Bybelse perspektief op selfhelpboeke? 27:28 Algemene raad of geestelike raad? 29:04 Wat is die fokus van die boek? Skrifverwysings: Spreuke, nuwe testament briewe van Paulus. Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn
-
Die Erediens: Gereformeerde aanbidding en liturgie
05/04/2022 Duration: 57minHoe lyk dit as die liggaam van Christus saamkom om in die gereformeerde kerk te aanbid? Wat is gereformeerde liturgie, wat is die orde van hierdie vergadering en wat is die redes vir hierdie soort aanbidding? 02:07 Definisie van liturgie - Hoe moet ons aanbid? 14:30 Liggaam van Christus aanbid saam 16:44 Woord en wet 19:00 Verbondsmatige aanbidding 27:52 Wat en hoe - elemente van gereformeerde liturgie 32:40 Doel van sang - skrifberymings en psalms 34:47 Hoekom lees ons die wet? 49:12 Predikant lei gemeente in aanbidding 51:20 Slotlied, uitstuurseën en amen Skrifverwysings: Heb 10:9, Heb 12:29, Op 4 en 5, 1 Kor 14, Ef 4, Neh 8, Op 4:11, Heb 4, Op 7, Ps 124, Kol 3, Ps119, 1 Joh, Eksodus, Rom, Heidelbergse kategismus, Mat 7, Mat 18 Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema
-
Perspektief: Maart 2022
29/03/2022 Duration: 53minJan-Louis Lee voer 'n onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die dwaalleer van homoseksualiteit in die NG kerk, en wat die dollerende kerke en Kairos nou daaraan doen. 00:00 Perspektief Maart 2022 00:45 Ds Dubois du Toit oor homoseksualiteit in die NG kerk 10:50 Wat doen die kerk hieraan? 35:07 Wat moet lidmate doen? 45:00 Wat is gereformeerdheid, en hoekom is ek gereformeerd? https://www.glodiebybel.co.za/persverklaring-kairos-netwerk-reageer-op-besluite-deur-sinode-van-namibie-2022-03-22/
-
Die Erediens: Bybelse prediking
15/03/2022 Duration: 56min00:40 Sentrale element van die erediens - bybelse prediking 03:07 Mandaat van bybelse prediking 12:40 Wat is die taak van die prediker? 15:30 Hoe lyk 'n skrifgetroue preek? 24:18 Insig van die Heilige Gees 33:24 Christosentriese inhoud 42:58 Preek die volle raad van God 46:18 Berei jouself voor vir die erediens Skrifverwysings: Rom 10:8, Hand 9:22, 6:9, 1 Kor 2, Psalm 1, Joh 15, Dordtse leerreëls, 1 Tim 4
-
Wat is 'n erediens?
08/03/2022 Duration: 53minDie erediens is al in die Ou Testament ingestel as die heilige vergadering van God waarin Hy sy kinders oproep om Hom te aanbid. Dit is die weeklikse vergadering van God met Sy kinders om gesamentlik op 'n Sondag te ontmoet om die Woord te hoor en so deur Hom geseën te word met Sy teenwoordigheid, Sy woord en Sy rus. Die erediens is ook die plek waar gelowiges herinner word aan die wet van God, en gee ons die bevestiging van Christus se genadige verlossing van ons sonde. Die aanbidding van ons God vind plaas soos die skrif dit bepaal, onder die ordelike leiding van die kerk se offisiële ampdraers, en bevat altyd die suiwer prediking van die Woord. Die erediens is God se geskenk aan gelowiges, omdat dit ons geestelik voed en die seëning van 'n geloofsgemeenskap as ondersteuning bied. 00:00 Die Erediens: Wat is 'n erediens? 02:20 Oorsig uit Ou Testament 14:30 Oorsig uit Nuwe Testament 24:57 Wat is die fokus van die erediens? 33:20 Wat is die doel van die erediens? 35:26 Vir wie is die erediens? 37:
-
Perspektief Februarie 2022
01/03/2022 Duration: 49min00:00 Perspektief Februarie 2022 02:37 Oorlog - Rusland en Oekraïne: Christene se perspektief op oorlog, en bybelse lig op die komplekse situasie. 25:45 CSE of Omvattende Sexopvoeding: Basiese onderwys sillabus bevat Lewensorientering met onvanpaste, seksuele inhoud, en so besmet seksuele perversiteit ons kinders se opvoeding. Skrifverwysings: Psalm 146 beryming - moet op prinse nie vertrou nie..., Matt 24, Luk 22, Johannes 8, Rom 13, 1 Tim 2:2 Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Jonker Venter, Gerhard van Rhyn
-
Dissipelskap - Toerusting en Praktyk
21/02/2022 Duration: 44minDissipelskap - Toerusting en Praktyk Jesus Christus het vir sy eie dissipels die opdrag gegee in Mattheus 28:19, en gesê: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." Elke christen is 'n dissipel, en het 'n belangrike taak om dissipels te maak. Daar is net een Redder en daar is net een Hoop: ons het die besondere opdrag van God ontvang om die liefde van Christus met almal om ons te deel, en so kan hulle ook tot geloof kom en gered word. Daarom is die kerk ook deur Christus daargestel om elke kind van God te leer en te lei, en deur die Woord op te bou in geloof tot geestelike volwassenheid; 'n proses van dissipelskap onder goddelike leiers. 00:00 Dissipelskap - Toerusting en Praktyk 03:50 Alle christene is dissipels 07:24 Kerkraad moet God se gesag bedien 10:32 Leer ander mense om Jesus te volg 13:30 Volg jy Hom? 16:00 Mentorskap 27:08 Bybelse begeleiding teenoor dieselfde