Podlitiek

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 154:58:09
  • More information

Informações:

Synopsis

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.

Episodes

  • Ep. 238 - Bloemfontein se grondgrype las, regter verkeerd oor ras, AfriForum vat TikTokker vas

    08/03/2024 Duration: 28min

    In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die grondgrype in Bloemfontein, die nuutste feite rakende die regter wat bisarre "hoekom is julle almal wit?" ras-eise gemaak het, en AfriForum se privaat vervolgingseenheid se wen in die hof teen 'n TikTokker wat skuldig bevind is van valse rassisme-bewerings maak.

  • Ep. 237 - MRK se saak teen Malema voortgesit en regter vra 'Hoekom is julle almal wit?'

    29/02/2024 Duration: 28min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Charné en Arno die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se haatspraaksaak teen die EFF se Julius Malema, asook ’n regter se bisarre ras-eis: 'Hoekom is julle almal wit? Verduidelik!' wat sosiale media laat gons het.

  • Ep. 236 - Kaderontplooiing, staatsfondse vermorsing, nuwe nommerplate verknorsing

    22/02/2024 Duration: 30min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die begrotingsrede, die Gautengse Hooggeregshof se besluit om die aansoek om kaderontplooiing ongrondwetlik te verklaar van die hand te wys, en Panyaza Lesufi se plan om vir Gauteng nuwe nommerplate te gee.

  • Ep. 235 - Leë staatsrede, Kaapse vissers ontevrede, SA dokters se werklose hede

    08/02/2024 Duration: 30min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die president se opkomende staatsrede, Kaapse vissers wat deur die regering in die steek gelaat word, en Suid-Afrikaanse dokters wat sukkel om werk te kry.

  • Ep. 234 - Dricus praat reguit, korrupsie ruk handuit, hoe word lisensiebedrog gestuit?

    08/02/2024 Duration: 31min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné UFC-middelgewigkampioen Dricus du Plessis se uitlatings oor die Suid-Afrikaanse regering, Suid-Afrika se daling in die korrupsie-indeks, en bestuurslisensiebedrog.

  • Ep. 233 - Konstruksiemafia intimideer, Starlink in SA word meer, Texas se grenswagte hou aan keer

    25/01/2024 Duration: 30min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die konstruksiemafia, meer en meer Suid-Afrikaners wat Elon Musk se Starlink kry, asook die gespanne situasie op die grens van Texas.

  • Ep. 232 - Zuma voor in MK koor, Transnet ontspoor en private kragopwekking vat voor

    18/01/2024 Duration: 26min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné Jacob Zuma se teenwoordigheid in die nuwe MK party, Transet se kroniese wanbestuur en rampe, asook die groei van private kragopwekking.

  • Ep. 231 - Duitse boere sit voet neer, NSFAS se koffers al leër, en SA regering wil vir Israel keer

    18/01/2024 Duration: 30min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné OUTA se ontbloting van Blade Nzimande rakende beweerde NSFAS korrupsie, Duitste boere wat massaprotes aanteken teen die Duitse regering se planne om hul belasting te verhoog en subsidies te verlaag, asook die Suid-Afrikaanse regering se klag teen Israel by die Internasionale Geregshof.

  • Ep. 230 - AfriForum by die Verenigde Nasies, NGV frustrasies en ANC se elektriese voertuie praatjies

    07/12/2023 Duration: 35min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se onlangse veldtog by die Verenigde Nasies (VN), Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) se stemmery onsekerheid, asook die Suid-Afrikaanse regering se praatjies van subsidies vir plaaslike vervaardiging van elektriese voertuie.

  • Ep. 229 - Valse rassisme klagtes mislei, Transnet se tyd verby en Argentinië verkies Javier Milei

    23/11/2023 Duration: 29min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se privaatvervolgingseenheid se jongste stryd teen valse rassisme klagtes, Transnet se aansienlike agterstande in Durban se hawe, asook Argentinië se nuwe president Javier Milei.

  • Ep. 228 - Rasreëls plaas druk op landbou, misdaad wat nie ophou en hoekom moet ons die goud hou?

    23/11/2023 Duration: 29min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die Suid-Afrikaanse regering se rasreëls wat boere se uitvoere na Europa teiken, misdaadstatistieke, en die tesourie wat die Reserwebank genader het oor goudreserwes.

  • Ep. 227 - Wes-Kaapse referendum gekeer, AfriForum patrolleer en skuldvlakke al meer

    19/10/2023 Duration: 31min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, Arno en Charné hoe Alan Winde 'n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldvlakke, asook die ATKV se interessante debatsonderwerpe.

  • Ep. 226 - Vullisverwydering stadig, Haatspraakwetsontwerp eensydig en Bela-wet venynig

    21/09/2023 Duration: 28min

    In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné die Samwu-staking chaos veroorsaak met vullisverwydering, AfriForum se mondelingse kommentaar op die Haatspraakwetsontwerp, en die Bela-wet se implikasies.

  • Ep. 225 - Openbare Beskermer waai en plaasmoorde statistieke laat koppe draai

    14/09/2023 Duration: 25min

    Hierdie week het Ernst van Zyl en Arno Roodt van Podlitiek die afdanking van Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane bespreek, asook AfriForum se nuutste verslag oor plaasmoorde wat spesifiek kyk na die vervolgingskoers en nasionaliteit van verdagtes

  • Ep. 224 - "Kill the Boer" geveg, Lesufi "misdaadbestryders" is sleg en Johannesburg onreg

    07/09/2023 Duration: 42min

    In vandag se episode gesels die span oor AfriForum se "Kill the Boer" appèlsaak in Bloemfontein, die film Sound of Freedom, Lesufi se "misdaadbestryders" en die gebou wat afgebrand het in Johannesburg se middestad.

  • Ep. 223 - Trokke brand en Dricus Du Plessis verteenwoordig die land

    13/07/2023 Duration: 27min

    Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

  • Ep. 222 - EFF verloor weer, kragbote steeds gekeer

    13/07/2023 Duration: 21min

    Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

  • Ep. 221 - NGV deurgejaag, Trump voor die hof gedaag

    13/07/2023 Duration: 28min

    Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

  • Ep. 220 - ANC raswette pla, Mkwebane-ondersoek vrae

    08/06/2023 Duration: 29min

    Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

  • Ep. 219 - DA wil Poetin arresteer, kan iets nog oorlog in Soedan keer?

    02/06/2023 Duration: 24min

    Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

page 2 from 15