Synopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodes
-
Na 310 dae is daar skielik weer beurtkrag
31/01/2025 Duration: 02minDie vryskutjoernalis, Antoinette Slabbert, verduidelik hooekom beurtkrag na 310 dae weer 'n verskyning maak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kallie Kriel en Leanne Manas oor daardie vals en bedrieglike R4700-advertensies
31/01/2025 Duration: 21minRyk van Niekerk gesels met Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Leanne Manas, bekroonde aanbieder van die SAUK, oor die vals advertensies waarin die identiteite van prominente mense gebruik word om die publiek te mislei. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
31/01/2025 Duration: 14minSchalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak en Jaco Prinsloo, senior finansiële raadgewer by Alexforbes, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
2025 spring weg met 'n drafstap
31/01/2025 Duration: 07minHenco Kruger van Moneyweb en Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, bespreek die die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 31 Januarie 2025
31/01/2025 Duration: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Tinus drink koffie met Prof. Chris van der Hoven
30/01/2025 Duration: 10minProf. Chris van der Hoven, die nuwe senior direkteur van die Universiteit Stellenbosch se sakeskool, gesels oor sy rol, agtergrond, en loopbaan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Capitec hou aan met innovasie
30/01/2025 Duration: 07minCapitec het onlangs besluit om alle persoonlike en besigheidstransaksies te harmoniseer. Francois Viviers, hoof van bemarking en kommunikasie by Capitec, gesels oor hierdie besluit. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat beteken die rentekoersdaling vir eiendomspryse?
30/01/2025 Duration: 08minProf. Douw Boshoff, medeprofessor in eiendom aan die Universiteit van Pretoria gesels oor die moontlike impak van die rentekoersbesluit op eiendomsektor. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die Reserwebank sny rentekoerse met ‘n kwartpersent
30/01/2025 Duration: 10min'Verbruikers behoort vanjaar in 'n beter finansiële posisie te wees': Tertia Jacobs – tesourie-ekonoom, Investec. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die JSE en die rand reageer positief op die rentekoersbesluit
30/01/2025 Duration: 07minHenco Kruger gesels oor wat vandag op die beurs gebeur het, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die JSE en die rand se reaksie op vandag se rentekoersbesluit. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 30 Januarie 2025
30/01/2025 Duration: 49minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoekom het DeepSeek kriptogeldeenhede se pryse so seer gemaak?
29/01/2025 Duration: 04minChristo de Wit, hoof van Luno Suid-Afrika, verduidelik hoekom DeepSeek kriptogeldeenhede se pryse so seer gemaak het. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
SA se nuwe inflasiemandjie: Boerewors is in, maar tandeborsels uit!
29/01/2025 Duration: 08minStatistiek Suid-Afrika het gister veranderings aan die inflasiemandjie aangekondig. Die onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, bespreek hierdie aanpassings. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Gaan kripto en KI ons banke binnekort laat “verdwyn”?
29/01/2025 Duration: 09minVerskeie luisteraars is bekommerd dat banke weens kripto en KI gaan misluk en verdwyn. Kokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, deel sy insigte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Vyftig van Putco se busse uitgebrand en vingers wys na taxi-organisasies
29/01/2025 Duration: 12minDanie Malherbe, algemene bestuurder van Putco, gesels oor die aanvalle op hul busse. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Barloworld tree nader aan denotering
29/01/2025 Duration: 09minHenco Kruger gesels oor die markte, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor vanaand se rentekoersbesluit uit die VSA, die rand se beweging en Barloworld se jongste opdatering. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 29 Januarie 2024
29/01/2025 Duration: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Waaroor gaan die nuwe Wet op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond?
28/01/2025 Duration: 04minJanse Rabie, uitvoerende hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, gesels oor die nuwe Wet op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Transnet gebruik al hoe meer Suid-Afrikaanse lokomotiewe
28/01/2025 Duration: 06min'Nou gaan die werklike probleem die netwerk wees; lokomotiewe is nie meer krities nie': Prof. Jan Havenga, emeritus professor in Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch en logistieke raadgewer vir die regering en die Wêreldbank. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
DeepSeek het die tegnologiewêreld op hol, met goeie rede
28/01/2025 Duration: 08minJan Vermeulen, die redakteur van MyBroadband, deel sy insigte oor DeepSeek. Volg RSG Geldsake op Twitter