Synopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodes
-
Homechoice se omdraaiplan werp vrugte af
12/08/2025 Duration: 05minHomeChoice het vandag tussentydse winssyfers bekend gemaak. Die uitvoerende hoof, Chris de Wit, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte spring op VSA-inflasienuus
12/08/2025 Duration: 05minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft, bespreek die mark se reaksie op Amerika se inflasienuus, Sasol se aandeelprys wat styg, en Suid-Afrika se werkloosheidssyfers. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 12 Augustus 2025
12/08/2025 Duration: 48minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die 40ste kersie op City Lodge se koek
11/08/2025 Duration: 06minErich Oberhauser, algemene bestuurder van Courtyard Hotel Gqeberha by City Lodge Hotels, gesels oor die groep se agtergrond, 40-jaar-mylpaal en toekoms. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Bly weg van enige beleggingsgeleentheid wat op Telegram en Whatsapp bemark word
11/08/2025 Duration: 07minGerhard van Deventer, hoof van ondersoeke by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), bespreek ’n beleggingsbedrogspul wat op Telegram en WhatsApp bemark word. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kontant in ’n Dior-sak: Binne die IDT-hoof se skokkende omkoopaanbod
11/08/2025 Duration: 14minPieter-Louis Myburgh, ondersoekende joernalis by Daily Maverick, gesels oor hoe hy op hierdie storie afgekom het en hoe lank hy dit al ondersoek. Hy gee ook ’n breë opsomming van die verband tussen Tebogo Malaka en Collen Mashawana, geldwassery met eiendom, asook die video waarin Malaka hom probeer omkoop. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Rainbow Chicken begin vlieg
11/08/2025 Duration: 10minDr Steve Minnaar, portefeuljebestuurder by Abax Investments, bespreek die impak van Amerika se nuwe tariewe, Italtile se finansiële resultate, en Rainbow Chicken wat sê hul winste gaan dramaties styg. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 11 Augustus 2025
11/08/2025 Duration: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
08/08/2025 Duration: 08minCorné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hof verwerp HSAG se aansoek teen HS-reëlingskema
08/08/2025 Duration: 14minJohan Stander, uitvoerende bestuurslid van die Highveld Sindikasie Aksiegroep (HSAG), gesels oor hul reaksie op die onlangse hofuitspraak en wat dit vir die betrokke beleggers beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter