Synopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodes
-
Boere smeek om inenting teen bek-en-klou
15/08/2025 Duration: 04minDr. Dirk Verwoerd, senior veearts by Karan Beef, gesels oor inentings teen bek-en-klouseer. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Digitale kaartbedrog hou aan styg
15/08/2025 Duration: 07minReana Steyn, hoofombud en uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Ombudskema (NFO), gesels oor die gevare van virtuele bankkaarte en hoe verbruikers veilig kan bly. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Tencent se waardevlak: Wat beteken dit vir SA beleggers?
15/08/2025 Duration: 09minDr. Steve Minaar, portefeuljebestuurder by Abax Investments, gesels oor die waarde wat in Tencent-aandele lê en wat dit vir Suid-Afrikaanse beleggers beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte kyk na Trump en Putin
15/08/2025 Duration: 06minMia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die markte se reaksie op die ontmoeting tussen Putin en Trump, asook die verwagting rondom volgende week se inflasie aankondiging. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 15 Augustus 2025
15/08/2025 Duration: 49minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Jy moet baie lees, en nie net waarvan jy hou nie
14/08/2025 Duration: 09minIzaak Odendaal, hoofbeleggingstrateeg by Old Mutual Wealth, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Inligtingsreguleerder gaan Truecaller ondersoek
14/08/2025 Duration: 07minAhmore Burger-Smidt, hoof van regulatoriese sake en direkteur van mededinging by Werksmans Prokureurs, verduidelik wat die Inligtingsreguleerder se ondersoek na Truecaller behels. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Sien ons ’n kapitaalvlug uit SA?
14/08/2025 Duration: 09minProfessor Jannie Rossouw, professor aan Wits se sakeskool, deel sy insigte oor die onttrekking van groot maatskappye uit Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Standard Bank verdien R24 miljard in ses maande
14/08/2025 Duration: 12minStandard Bank het vandag winssyfers vir die eerste helfte van die jaar bekend gemaak. Die wesensverdiens het met 8% gestyg en die direksie het die tussentydse dividend met 10% verhoog. Die groep se uitvoerende hoof, Sim Tshabalala, bespreek die resultate en deel sy mening oor die VSA se nuwe tariewe. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Mozal oorweeg dit om 'n smelter te sluit
14/08/2025 Duration: 06minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, bespreek die markte se reaksie op genl. Rudzani Maphwanya se kommentaar oor Suid-Afrika se buitelandse beleidsstandpunt rakende Iran en die VSA, asook Mozal Aluminium wat ’n smelter wil sluit. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 14 Augustus 2025
14/08/2025 Duration: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoeveel bitcoin is al verlore?
13/08/2025 Duration: 09minCarel de Jager, uitvoerende hoof van Silver Sixpence, gesels oor verlore bitcoin. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Innovasie in landboufinansiering
13/08/2025 Duration: 06minCharl Greyvensteyn, direkteur van streekkantore en landbou by Merchant West, gesels oor innovasie in landboufinansiering. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die regering se infrastruktuurplanne is op koers
13/08/2025 Duration: 10minDean Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, gesels oor die regering se infrastruktuurplanne, die konstruksiebedryf, die sogenaamde konstruksiemafia, en vroue in konstruksie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kganyago sê wéér hy kán 3% teiken
13/08/2025 Duration: 08minDaar is tans ’n geskil tussen die Reserwebank en die nasionale tesourie oor ’n nuwe, laer inflasieteiken. Lullu Krugel, hoofekonoom by PwC, deel haar mening. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nedbank koop IKhokha vir R1,6 miljard
13/08/2025 Duration: 06minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek vandag se sterk vertoning op die beurs en Nedbank se oorname van ’n fintech-maatskappy. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 13 Augustus 2025
13/08/2025 Duration: 48minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
SA presents a revised trade agreement, while the US pushes for the scrapping of empowerment legislation
12/08/2025 Duration: 17minJohn Steenhuisen – Minister of Agriculture. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Ontmoet die Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar
12/08/2025 Duration: 07minAndré Kritzinger, eienaar van Tulpieskraal Boerdery, gesels oor sy toekenning, bedrywighede en toekomsplanne. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Enige finansiële reis begin by ’n beleggingsplan
12/08/2025 Duration: 09minJac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, verduidelik hoe om seker te maak dat jou finansiële- en beleggingsplan al die belangrikste elemente bevat en jou behoeftes voldoende aanspreek. Volg RSG Geldsake op Twitter