Synopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodes
-
Mynmaatskappye lóóp weer
21/08/2025 Duration: 09minMia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die goudprys, die inflasiekoers, asook Exxaro en Spur se winsyfers. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 21 Augustus 2025
21/08/2025 Duration: 47minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoe moeilik is dit om Lesetja Kganyago se werk te doen?
20/08/2025 Duration: 10minMarnich Dippenaar, leerder en goewerneur van Paarl Gimnasium, gesels oor hoe hulle tweede plek by die Sarb Monetêre Beleidskomitee Skole-uitdaging behaal het en oor sy planne vir die toekoms. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Allan Gray Stable Fund vier sy 25ste verjaardag
20/08/2025 Duration: 07minTim Acker, portefeuljebestuurder by Allan Gray Stable Fund, bespreek die fonds se 25ste herdenking. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
DRD glinster weens hoë goudprys
20/08/2025 Duration: 13minNiël Pretorius, uitvoerende hoof van DRD Gold, gesels oor die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Inflasie spring tot 3.5%
20/08/2025 Duration: 07minJohan Gouws, hoof van welvaart-adviesdienste by PPS, bespreek die inflasiekoers en die verwagtinge rondom die Jackson Hole-vergadering. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 20 Augustus 2025
20/08/2025 Duration: 47minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Landbou steeds bekommerd oor Terbufos-verbod
19/08/2025 Duration: 04minDr. Tobias Doyer, uitvoerende hoof van Graan SA, gesels oor die verbod op Terbufos wat nog nie in werking getree het nie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Winsgewende landbou is ’n voorwaarde vir voedselsekerheid.
19/08/2025 Duration: 08minDaneel Rossouw, landbouverkoopshoof van Nedbank Commercial Banking, gesels oor winsgewende landbou en voedselsekerheid. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die rand-manipulasiesaak nou in die Konstitusionele Hof
19/08/2025 Duration: 07minKokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, bespreek die rand-manipulasiesaak wat tans in die Konstitusionele Hof is. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die Mineraleraad knor vir die nuwe mynbou-wetsontwerp
19/08/2025 Duration: 12minDie departement van minerale en petroleumbronne het in Mei nuwe mynbouwetgewing bekend gestel wat groot opskudding veroorsaak het. Mzila Mthenjane, uitvoerende hoof van die Minerale Raad, gesels oor waaroor hulle onsteld is en wat die gevolge daarvan sal wees. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markoorsig
19/08/2025 Duration: 09minChantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek BHP Billiton se finansiële resultate en Jubilee wat hul bedrywighede uit Suid-Afrika onttrek Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 19 Augustus 2025
19/08/2025 Duration: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
MTN staar nog ondersoeke in die gesig
18/08/2025 Duration: 08minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, gesels oor MTN se finansiële resultate en hoe Suid-Afrika se landbou-uitvoere vaar. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Dié KI-bot kan kuberskelms op hulle plek sit
18/08/2025 Duration: 04minPieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, gesels oor 'n nuwe innoverende manier om bedrog te bekamp en hoe dit werk. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Vroue moet mooi oor die aftreegaping trap
18/08/2025 Duration: 09minNavorsing toon dat vroue dikwels met minder geld as mans aftree. Jaco van Tonder, direkteur van adviseursdienste by Ninety One, verduidelik hoe vroue oor die aftreegaping kan trap. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nuwe aanwyser meet hoe vinnig SA hervormings in werking stel
18/08/2025 Duration: 10minLisette IJssel de Schepper, senior ekonoom by die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER), gesels oor Business Leadership South Africa (Blsa) se nuwe aanwyser. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Absa skop stof in Nedbank en Standard Bank se oë
18/08/2025 Duration: 10minAbsa Bank het vandag winssyfers bekend gemaak en die groep het sy wesensverdienste vir die eerste ses maande van die jaar met 17% opgestoot. Die finansiële direkteur Deon Raju, bespreek die resulatate en die atmosfeer by Absa na direksie skuiwe. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 18 Augustus 2025
18/08/2025 Duration: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
15/08/2025 Duration: 15minMia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal en Andries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter